Wêreldbiddag vir Vroue

Posted in Latest News

Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Die Wêreldbiddag vir Vroue is ‘n wêreldwye ekumeniese beweging van Christenvroue, -mans en -kinders, wat elke eerste Vrydag in Maart ‘n gebedsketting in meer as 170 lande en streke vorm.

Vanjaar sal die 91ste jaar wees wat SA saam met die wêreld bid. Alhoewel hierdie ‘n ‘anderste jaar’ van gebed sal wees, omdat Covid nie toegang tot ‘n byeenkoms bied nie, gaan die byeenkoms globaal saam bid op Vrydag 5 Maart.

Van waar die son eerste opkom in Nieu-Seeland tot waar hy laaste ondergaan in die VSA op Vrydag 5 Maart, gaan vroue, mans en kinders oor die wêreld alleen, as gesinne, saam met familie of ‘n vriend(inne) tuis bid.

Pamflette is gratis bekombaar by Salomè Schoeman 083 276 5124. Die gebedsinhoud kan ook per e-pos aangestuur word.

Die fokusland vir 2021 is Vanuatu en die tema is: ‘n Lewe gebou op ‘n vaste rots.

Daar sal twee Youtube-skakels gedeel word van Vrouebiddagdienste.

Die plaaslike diens deur ds Marike Jacobs van NG Doringkruin sal om 10:00 deur Live FM radio 100.6FM uitgesaai word.

Die ander Youtube-diens sal ‘n internasionale uitsending in Engels wees vanaf New York.

Albei die dienste kan dan weer en weer asook later oor die naweek gekyk word.

Die Klerksdorp-komitee nooi die gemeenskap uit om hierdie kosbare gebeurtenis wat slegs een keer per jaar wêreldwyd plaasvind, aan die Here op te dra. Matlosana, Suid-Afrika, die fokusland Vanuatu èn die hele wêreld het gebed baie nodig.

Meer inligting is beskikbaar van 083 276 5124 of 018 468 3625.

UA-34820896-1