Help ’n boer, skenk diesel

Posted in Latest News

Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Die Boere Droogtehulp SA NPC span is eerskomende naweek in die stad. Die groep sal by die Engen-motorhawe, h/v Buffelsdoornweg en Platanlaan, bymekaar kom.

Die organiseerders doen ‘n beroep op Klerksdorpers: “Borg ‘n kannetjie diesel om voer vir ‘n boer te vat.”

Die fokus is boere in die Noord-Kaap en diegene wat ly onder ‘n sprinkaanplaag. Die insameling sal van 07:00 tot 13:00 op Saterdag 13 Maart plaasvind.
Ook op die dag: Braaibroodjie vir die boer en gelukstrekking vir ‘n biltong geskenkpak.

Meer inligting is beskikbaar by www.boeredroogtehulpsa.org of skakel Jan Lotz by 063 137 0202 of Anneri Oosthuizen by 083 501 7198.