Rotariërs styg uit

Posted in Latest News

Die Rotariërs van Orkney het verlede week “uitgestyg” met hul fondsinsameling vir die SAVF/Rethabile Kinderhuis. Hulle het ‘n vliegtuigloods omskep in ‘n top restaurant met die tema “Come fly with me” en “reisigers” op ‘n kulinêre reis om die aarde geneem.

Gaste kon meer oor Japan, Rusland, Italië, Meksiko en SA uitvind en kos van dié lande eet.

Die hoogtepunt van die aand was ‘n vertoning deur Amira Willighagen met haar nagtegaalstem. Sy is staande toegejuig.

Danie Jacobs en sy kamera het saamgereis. Nog foto’s en berig in die week se Klerksdorp Rekord.

UA-34820896-1