Randlespark se straatbraai dalk die laaste keer

Posted in Latest News

Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - In Wilge-straat, Randlespark is daar so twee keer ‘n jaar makietie gehou.
Dan sper Thys en Annatjie Jacobsz ‘n deel van die straat af en word daar gebraai, gekuier, gedans en gelag.

Die egpaar het die afgelope drie jaar so ‘n straatbraai so twee keer ‘n jaar aangebied. Op 15 Mei was dit weer sulke tyd, maar die keer vir die laaste keer, want die egpaar verhuis binnekort na Centurion.

“Ons hoop maar daar is iemand wat die tradisie staande gaan hou, want dit is lekker om mekaar te leer ken en bevorder goeie buurmanskap,’’ gesels Annatjie.

Vision Meat het met ‘n stewige skenking gehelp dat almal ‘n vleisie het om te braai en met Cynthia Moleme en Selinah Seleke wat twee reuse potte mieliepap gemaak het, en met kaiings en sous en ‘n paar slaaie is daar behoorlik gesmul.

Die Jacobsz-egpaar woon die afgelope 17 jaar in Wilgestraat, maar Annatjie woon in Randlespark toe dit nog as Boetrand bekendgestaan het. Vanjaar het hulle met maskers gebraai en Covid-regulasies streng nagekom.

UA-34820896-1