Ma, seuns verloor alles in huisbrand

Posted in Latest News

Klerksdorp Midweek, Stilfontein - ‘n Huis in Da Chavonnestraat op Stilfontein is oor die naweek in puin gelê.

Volgens Pieter du Preez, voorsitter van die Afriforum Stilfontein Buurtwag, het die brand omstreeks 02:30 op Saterdag 3 Julie uitgebreek. Die inwoner, Chante van der Merwe, en haar twee seuntjies, Keanan en Keagan, was nie by die huis nie. Chante het nie versekering nie. Hy het op Facebook namens die gesin om hulp gevra en volgens hom stroom hulp in.

“Die mense se harte en beursies is oop. Dit laat ‘n mens goed voel. Ons het geld gekry, ‘n sitkamerstel, geskenkbewyse vir kruideniersware. Mense gee sulke groot goed, maar vergeet van die klein goedjes soos potte en panne. Sy het niks. Ons soek ook nog klere, want dis alles verbrand,” sê hy.

Du Preez is vol lof vir die Klerksdorp Brandweer, wat binne 10 minute op die toneel was.

Volgens hom is daar ‘n moontlikheid van brandstigting en word dit ondersoek.

Geld kan inbetaal word by Chante van der Merwe, rekeningnommer 1457479581, Capitec. Verwysing: Donasie Stilfontein. Alle hulp sal waardeer word. Meer inligting van Pieter du Preez by 079 221 9348.

UA-34820896-1