Reik uit oor Kersfees

Posted in Latest News

Klerksdorp Midweek, Klerksdorp Dit is ‘n realiteit dat daar vir baie Klerksdorpse gesinne niks lekker op die tafel gaan wees op Kersdag nie… en as daar nie eers kos is nie, wat nog van geskenke?

Die nie-winsgewende organisasie Oasis of Givers in Klerksdorp het hul Kersfeesprojek die week geloods om vir die 65 bejaardes en 25 gesinne wat hulle weekliks met kospakkies help, ‘n beter Kersfees te gee.

“Baie van ons bejaardes is vergete en het het niemand wat meer omgee vir hulle nie, hierdie bejaardes wil graag net ‘n bietjie liefde ontvang.

“Kersfees is die ideale tyd om te wys da tons as gemeenskap steeds omgee,’’ sê Gerrit van der Schyff.

“Dit breek my hart in ‘n duisend stukke om iemand so hartseer te sien. Hierdie kinders verstaan nie die grootmenswêreld nie en verstaan nie hoekom hulle nie soos ander kinders kan Kersfees hou nie.”

Oasis of Givers is op soek na nog borge vir die Kersfeesprojek om te verseker dat die Kerstyd gevul is met eetgoed en geskenke vir die behoeftige gesinne.

Enige persoon of instansie wat wil betrokke raak, kan vir Gerrit of sy vrou, Magda skakel by 071 365 1770 of 079 910 8045 of stuur ‘n e-pos na This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

Enige finansiele bydrae kan in die volgende rekening betaal word: Oasis of Givers NPC; FNB Gold Business Account; Rek: 62906787843; Branch:  250655; Oasis of Givers NPC: K2021666318

UA-34820896-1