Danser praat lyftaal

Posted in Latest News

Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - ‘n Plaaslike danser is gekies om op ‘n nuwe dansprogram op KykNet te dans.

Leonardo Muller van Replay Dance Centre het ‘n oudisie by Izak Davel afgelê vir die nuwe program, Lyftaal.

Dansers is gevra om videos voor te lê en die 16-jarige het sy oudisie op 3 Oktober in Pretoria gedoen.

“Ek was so seuweeagtig omdat dit my eerste professionele oudiese was,” vertel Leonardo.

Toe die goeie nuus... Hy is gekies en sal deel vorm van die voltydse span op Lyftaal.

“Ek het dadelik my suster gebel toe ek gehoor het. Ek is so dankbaar en kan nie wag vir die rehearsals nie,” sê hy.

Conrad Rust, choreograaf by Replay, is so trots op sy student en kan nie wag om hom op die skerm te sien nie.

UA-34820896-1