Kerssangdiens met Juanita en kie

Posted in Latest News

Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Kaartjies verkoop fluks aan die opelug Kerssangdiens met Juanita du Plessis en ander kunstenaars wat die naweek in Klerksdorp gehou word.

Die Fees van Lig wat op Vrydag 26 November by Hoërskool Schoonspruit gehou word, is ‘n konsert wat jy nie mag mis nie. Met die kroonprinses van Afrikaanse musiek, Juanita du Plessis en haar seun, Ruan Josh saam met opkomende sterre soos Mirandi en Gert Vermaak op die verhoog, is Klerksdorpers in vir ‘n aand van bederf.

Inteendeel, hekke maak reeds 15:00 oop sodat die talle Kersmarkstalletjies ook besoek kan word. Daar gaan ook eet- en drinkgoed verkoop word, daar is go-karts om te ry en baie vermaak vir oud en jonk. Roots Dance Studio se jong dansers gaan optree en kinders van die Voetlig-gemeente gaan saam met Ruan Josh ‘n paar Kersliedjies sing.

Beperkte plek is beskikbaar en kaartjies is spotgoedkoop teen R60 per persoon en R40 vir kinders onder 12. Daar is tafels reg voor die verhoog beskikbaar teen R1 200 per tafel wat tien mense sit. ‘n Bord eetgoed en een rondte drinkgoed is by die prys ingesluit.

Die fees word aangebied ten bate van Voetlig-gemeente. Life FM is saam met pastoor Petro Kotze-Odendaal betrokke by die ree-lings. Stalletjies is beskikbaar teen R150 (R50 ekstra indien jy ‘n kragpunt nodig het). Skakel Geneveve om ‘n stalletjie te bespreek by 084 909 3681.

Kaartjies vir die konsert is te koop by Shack to Sanctuary (64c Ian Straat) of aanlyn by Quicket https://www.quicket.co.za/events/157157-juanita-du-plessis-fees-van-lig/

Skakel Petro by 076 986 5919 of Brendon by 066 201 5480 vir meer info.

UA-34820896-1