Skole staan saam
Hoërskool Schoonspruit het op Maandag 4 Februarie simpatie en medelye teenoor Hoërskool Driehoek van Vanderbijlpark betoon deur vyf minute van stilte te eerbiedig.
Ander Klerksdorp-skole het ook hul leerlinge gevra om ‘n geel en pers lint skool toe te dra in solidariteit met die skool en leerlinge. Vier leerlinge van Driehoek het op Vrydag 1 Febuarie in ‘n fratsongeluk by die skool gesterf. Talle ander is beseer.