Aand van goeie kos en wyn

Written by Midweek. Posted in Regular

Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Klerksdorpers kry weer die kans om op ‘n eg Kaapse wyse ‘n stylvolle aand van wynproe en goeie kos te kan geniet wanneer NG Kerk Wilkruin hul kos-en-wynfees aanbied.

Dit is die 7e keer dat die nou baie gesogte aand deur NG Wilkruin aangebied word by die pragtige Muranti-trouvenue op 1 Maart. 

Die konsep is hierdie jaar aangepas en die kaartjie van R150 sluit jou wynglas en wynproeë van verskeie wynplase in. Daar sal ‘n verskeidenheid kos en wyn te koop wees, en beloof om weereens van uitstaande gehalte te wees.

Kinders se toegang is gratis, daar word spesiaal vir hulle voorsiening gemaak en hulle is meer as welkom.

Kom kyk hoe die son sak oor die veld met ‘n glasie wyn , mooi musiek en ‘n besondere kaasbord. Smul later aan ‘n murgsagte sirloinsteak - vars van die kole, of ‘n Indiese roti gevou om romerige hoenderkerrie of selfs die beste afvalgereg wat jy al geëet het.

Sluit die perfekte aand af met ‘n cappuccino en nagereg.

Elke jaar is die beperkte hoeveelheid kaartjies uitverkoop daarom moet jy vinnig spring om joune te kry.

Skakel Alewyn Burger by 084 548 5995 of Laetitia Burger by 082 376 9452.

UA-34820896-1