Stem in Wyk 30 tussenverkiesing

Written by Midweek. Posted in Regular

Klerksdorp Midweek, Stilfontein - ‘n Tussenverkiesing word in Julie op Stilfontein gehou om ‘n nuwe wyksraadslid vir wyk 30 te kry.

Die verkiesing sal op 10 Julie plaasvind. Die verkiesing is geroep nadat DA raadslid Willie Louwrens uit sy pos as raadslid bedank het. Hy het gesondheidsredes aangevoer vir sy besluit. Louwrens is 77 jaar oud.

Die tussenverkiesing sal handel om ‘n geskikte raadslid vir die wyk binne die Matlo-sana Munisiplaiteit te setel. Kandidate vir die verkiesing sal binnekort bekendgemaak word.

Die stempunte sal waarskynlik ook oop wees vanaf 07:00 tot 21:00.

Om deel te kan neem moet jy:
- ‘n Suid Afrikaanse Burger wees;
- ‘n Suid Afrikaanse groen strepieskode ID boekie, ‘n slimkaart-ID of geldige tydelike ID sertifikaart hê;
- ‘n inwoner van wyk 30 wees;
- Geregistreer is in wyk 30.

Kiesers kan in die People’s Hall en by Laerskool Driefonteine hul kruisies trek.

UA-34820896-1