Moenie hierdie winter op jou neus kyk nie

Written by Midweek. Posted in Regular

Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - ’n Rooi neus vol barsies is een van die meer sigbare newe-effekte van verkoues en griep, vir kinders sowel as grootmense. Dirna Grobbelaar, raadgewer oor mondgesondheid by Ivohealth en self ’n ma van drie, gee vyf praktiese wenke om hierdie winter ’n rooi, seer neus te vermy.

’n Neus wat loop kan droogheid en skurfheid veroorsaak aangesien die aanhoudende geblaas en gevee natuurlike vog uit die vel verwyder en irritasie veroorsaak. Smeer ’n lagie van ’n beskermende velroom of -salf soos petroleumjellie of klapperolie aan om die vel te beskerm.

Vee met die regte snesies sal ook irritasie verminder.

Nat doekies is nie geskik nie aangesien dit skoonmaakmiddels, chemikalieë of ander prikkelmiddels kan bevat. Gebruik eerder ’n sagte snesie met Aloe vera- of gousblomekstrak. In plaas van om jou neus te vee, druk dit saggies droog.

Vyf wenke om hierdie winter ’n seer, rooi neus te vermy:
- Smeer gereeld ’n beskermende velroom, soos Letibalm se neus en lipherstelroom, aan.
- Gebruik sagte snesies, verkieslik met ’n Aloe vera- of gousblomekstrak. Druk jou neus saggies droog eerder as om dit te vee.
- Blaas jou neus so min as moontlik. Gebruik ’n soutsproei of -oplossing om ’n toe neus oop te maak.
- Gebruik stoom om die vel te bevogtig en stuwing te verminder.
- Hou die vel vogtig en die slym dun - gebruik ’n bevogtiger en drink baie vloeistowwe.

UA-34820896-1