Leef jou nuwe lied

Written by Midweek. Posted in Nuwe boeke • New books

deur Elsa Winckler en Sonja Goldberg (NB Uitgewers)
Die lewe laat jou dikwels uitgebrand en jou lewenslied se deuntjie afgewater en flou. Leef jou nuwe lied is ‘n uitnodiging van bekende skrywer Elsa Winckler en haar sussie Sonja Goldberg om saam deur die jaar te stap met jou hand stewig in jou Vader s’n.

Ontdek ‘n nuwe lied in jou hart deur hierdie 200 dagstukkies en weet wanneer jou lied opraak, Hy daar sal wees vir jou en ’n nuwe lied sal gee wat jou in staat sal stel om vreesloos en in liefde te leef.

UA-34820896-1