100 dae van vriendelikheid

Written by Midweek. Posted in Nuwe boeke • New books

deur Andries Cilliers (NB Uitgewers)
Vriendelikheid is om jou krag te gebruik om saggies heel te maak, sonder om iets terug te verwag. Die bekende skrywer en Andrew Murray-pryswenner Andries Cilliers begelei lesers op ’n kragtige, maar deernisvolle 100-dae reis. Hy inspireer ons om vriendeliker te leef en te wees: met die mense rondom ons, en met onsself. Só leer ken ons ook ons Vriend.

Oor die skrywers: Dr Andries Cilliers het skoolgegaan in Namibië en studeer aan Universiteit van Stellenbosch. Hy is getroud met Sonja en het twee getroude kinders. Tans is hy predikant in die NG Kerk Drieankerbaai. Hy is die skrywer van agt boeke. Hy het die Andrew Murray-prys gewen in 2016 saam met Coenie Burger vir Ontvang wat vir jou gegee is.