Herontdek jou selfvertroue: Sewe stappe na ’n nuwe jy

Written by Midweek. Posted in Nuwe boeke • New books

deur Rolene Strauss - Uitgegee deur NB Uitgewers

Is jy ’n perfeksionis en voel jy nooit goed genoeg nie? Verhinder jou swak selfbeeld jou om jou doelwitte te bereik? Jy is nie alleen nie. Verbasend genoeg sukkel van die slimste en mooiste vroue ter wêreld daagliks met gebrekkige selfvertroue.

Rolene Strauss was een van hulle. In dié boek vertel sy haar eie verhaal openhartig. Soos so baie van ons worstel sy sedert haar tienerjare met pynlike selftwyfel en liggaamsbeeldkwessies. Selfs toe sy die Mej Wêreld-kroon gedra het, het sy bly glo sy is nie goed genoeg nie.

As professionele lewensafrigter, en ná ure se sessies met vroue wat sukkel met selfbeeld, beskik Rolene oor waardevolle praktiese kennis, wat sy hier deel.

Herontdek jou selfvertroue is ’n onmisbare gids vir elke vrou wat soms aan haarself twyfel. Rolene se sewe beproefde stappe vir vroue op soek na die moed om hul drome vreesloos na te jaag, kan ook jou lewe verander.

Oor die skrywer: Rolene Strauss is ‘n transformasie-afrigter, voormalige Mej Wêreld, gegradueerde mediese dokter, skrywer, internasionale spreker, entrepreneur, eggenoot en ma van twee seuns.

Dit is haar passie om vroue regoor die wêreld aan te moedig om NEE te sê vir perfeksie, vergelyking en lae selfvertroue, en JA vir selfwaarde, moed, geluk en sukses.

UA-34820896-1