Dooiegety deur Bets Smith

Written by Midweek. Posted in Salla se boekrak

Dooiegety deur Bets Smith (Lapa Uitgewers): Die liggaam van die mees geliefde inwoner van ’n vreedsame kusdorpie word in ’n rotspoel op die strand gekry. Haar vriendin Daleen, ’n professionele fotograaf, besef dit is nie ’n normale verdrinking nie, want Nerina het gely aan hidrofobie. Daleen ontdek dat alles op die dorp nie so onskuldig is soos dit voorkom nie.

Salla sê: Kollega Magda Lourens is gaande oor spannings- en speurverhale en het die volgende oor die boek gesê: Boeiend. Die boek is van begin tot einde só geskryf dat jy dit nie kan of wil neersit nie. Regdeur die boek is daar kort-kort iemand anders wat verdink word van die moord, maar aan die einde kan jy tog sien dat jy aan die begin reg geraai het. Die boek eindig realisties, maar nie soos wat ek dit sou wou laat eindig nie. Beslis goeie leesstof.

UA-34820896-1