Seks, Leuens en die Internet deur Erla-Mari Diedericks

Written by Midweek. Posted in Salla se boekrak

Seks, Leuens en die Internet deur Erla-Mari Diedericks (Lapa Uitgewers): Seks, leuens en die internet is ’n rou, eerlike vertelling deur ’n vrou wie se hart gebreek is, maar weier om moed op te gee. Op 50 lyk al die prinse en perde bra gehawend, maar vasbeslote durf sy die wilde wêreld van aanlyn afsprake aan, moedig op soek na haar sielsgenoot. Hierdie boek is deel van die immergewilde selfhelp-genre en kombineer die onderwerpe van verhoudings; seks en selfondersoek. Dis ’n eerlike en soms skreeusnaakse memoir - maar ook ’n nuttige gids oor die wêreld van aanlyn afsprake.

Salla sê: Sjoe! Kyk, die skrywer draai nie doekies om nie. Moet nie dink dit kan nie met jou gebeur nie. Vyftig en enkellopend gebeur dalk makliker as wat jy dink, Mevrou Veertig en Getroud. Ek het die boek kooi toe geneem en die lig drie ure later afgesit. Erla se avontuur op die “single en ready to mingle’’ toneel het my soms na my asem laat snak. Aanlynafsprake is beslis nie vir sissies nie, en waar ek nog skrikkerig is vir reeksmoordenaars, skeel dit haar blykbaar min. Nie vir preutse lesers nie, maar dalk tog juis vir hulle.

UA-34820896-1