Sushi en Shosholoza

Written by Midweek. Posted in Salla se boekrak

Sushi en Shosholoza deur Erns Grundling - NB Uitgewers
Dis 2018 en Japan is die gasheer van die rugby wêreldbeker. Erns Grundling reis met ‘n TV-span na Japan om ‘n nuwe Elders-reeks te gaan verfilm. Sushi en shosholoza is sy verslag van die reis.

Salla sê: Kollega Danie Jacobs is ‘n groot aanhanger van Erns Grundling en het die volgende te sê oor die boek: Ek is gek oor reisboeke, want jy voel of jy saamreis terwyl jy dit lees. Diegene wat die TV-reeks op Kyknet gekyk het kan gerus die boek lees. Meeste van die reeks is in die boek vervat, maar daar is heelwat meer van die skrywer se persoonlike stories en jeugherinneringe asook onderhoude in die boek wat nie uitgesaai is nie.
Erns is ‘n baas-storieverteller en ‘n puik skrywer. Omdat die boek so intiem is, is dit sy reis en hy vertel dit ook so. Die rugbywêreldbeker is dalk iets van die verlede, maar die hoofstukke wat oor rugby handel en ontmoetings wat hy met spelers gehad het is nog steeds so vars al is die rugby verby.
Die grootste deel van die boek handel oor Erns se ervaring op die Kumano Kodo, die Camino in Spanje se suster pelgrimstog. Hy is in die goeie posisie dat hy die Camino geloop het en in die vorige TV-reeks en meegande boek kon “lesers saam gestap het”. As jy daarvan gehou het, dan is Sushi en Shozoloza vir jou.
Krul op met die boek en ‘n glas ryswyn en bordjie sushi en verbeel jou dat jy in die land van die opkomende son is. Erns se kommentaar sal jou die pad wys en hoe hy sukkel met die gebruike sal jou laat giggel. Ek, net soos Erns, is so beïndruk met Japan dat ek die land met hoflike mense, tegnologie, asemrowende stede en vreemde gebuike wil besoek.

UA-34820896-1