Knife deur Jo Nesbo

Written by Midweek. Posted in Salla se boekrak

Following the dramatic conclusion of number one bestseller The Thirst, Knife sees Harry Hole waking up with a ferocious hangover, his hands and clothes covered in blood. Not only is Harry about to come face to face with an old, deadly foe, but with his darkest
personal challenge yet. This book is the twelfth instalment in Jo Nesbo’s internationally bestselling crime fiction series.

Salla sê: Jo Nesbo is seker een van die beste misdaadriller skrywers in die wêreld. Ek kon nie wag vir die boek nadat ek al die ander Harry Hole speurverhale gelees het nie - en dit het beslis nie teleurgestel nie. Harry is ‘n speurder in Noorweë en die hoofkarakter in die misdaadrillers.
Hy is briljant, ‘n alkoholis en nie baie gewild onder sy kollegas nie. Hy het sy eerste verskyning gemaak in 1997 in The Bat en daarna het nog 11 boeke met Harry as hoofkarakter uit Nesbo se pen gevloei. Knife is blykbaar die laaste boek in die reeks, maar ek hou duimvas vir ten minste nog een. Knife het my na my asem laat snak. Met onverwagte kinkels wat jou op die punt van jou stoel hou kon ek die boek nie neersit nie. Hoogs aan te beveel. En as jy nog nie ‘n boek van Jo Nesbo gelees het nie en jy hou van spanning, misdaad en skrik nie vir bloed nie, begin by die heel eerste een en geniet.

UA-34820896-1