Aandag alle stappers

Written by Midweek. Posted in Sport

Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Kansa se Relay For Life Klerksdorp vind plaas op 2 November en vanjaar is Hoërskool Wesvalia weer die gasheer.

Stappers gaan nou nie meer deur die nag stap nie, maar net tot middernag. Volgens Moira Fourie, is die tye aangepas om van 15:00-24:00 te stap. 

“Ons eindig 12 uur die aand.  Nog genoeg tyd om te gaan slaap,” sê sy.

Die tema is “Why do we relay?” Die koste is R750 per span of R75 per person wat die spoor wil loop. Dagbesoekers moet R20 elk betaal.
Dit is ‘n jaarlikse verering van kanker slagoffers en die opoffering wat hulle moet maak. Dit word egter in ’n partytjie atmosfeer aangebied met kosstalletjies en vermaak.

Spanne word aangemoedig om snaaks aan te trek.

Meer inligting van die voorsitter, Caesar van Niekerk by 072 348 0183. Moira Fourie het ook inlig-ting by 071 877 0921.

UA-34820896-1