Sewes: Gaan groot of gaan huistoe

Written by Midweek. Posted in Sport

Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Die jaarlikse Klerksdorp Sevens vind hierdie jaar vir die 11de keer plaas en sal weer op Hoërskool Klerksdorp se velde gehou word.

Die fees is alombekend vir die lekker sport, maar ook die sosiale vermaak wat daarmee gepaard gaan. Die fees spog ook nou met agt sportsoorte en bied ‘n verskeidenheid vir alle sportliefhebbers.

Die jaar se fees skop af op 17 September met die 7s gholfdag by Klerksdorp Golfbaan. Die shotgun- afslaan vir 120 gholfers is 10:00. Inskrywings en registrasies is nog beskikbaar.

Op Vrydag en Saterdag 20-21 September skop die fees in geheel af met 60 rugby-spanne, 30 netbalspanne, 12 krieketspanne, 20 touch rugbyspanne, 20 sokkerspanne en 20 hokkiespanne.

Saam met dit is daar ook die gewilde “Cross Fit” kompetisie.

Die groot trekpleister is Vrydagaand wanneer die bekende Roan Ash op die verhoog is saam met ‘n klompie ander kunstenaars. Saterdag is die groot dag wanneer die spanne in die uitspele deelneem maar ook die Springbokke teen die All Blacks in die Wê-reldbekerwedstryd te staan kom.

Daar sal ‘n “Bok Village” wees met n massiewe skerm om die wedstryd tussen die groot kannone uit te saai.

Nog meer kunstenaars sal verder optree. Op Sondag speel die krieketmanne met ‘n potjiekos kompetisie daarby.

Kaartjies vir die fees is reeds op die Facebook blad en Quicket beskikbaar. Alle registrasies en inskrywings kan op www.klerksdorp7s.co.za gedoen word.

UA-34820896-1