Oud inwoner van Lichtenburg oorlede

Written by Zandre. Posted in Jongste Nuus

Mev. Mariana Barnard.NOORDWESTER – LICHTENBURG – Mev. Mariana Barnard, eggenote van voormalige Finansiële Direkteur van NWK, mnr. Enos Barnard is onlangs oorlede en haar roudiens het op 2 Desember 2020 in Krugersdorp plaasgevind. Sy is op 11 Maart 1948 gebore en is op 28 November 2020, oorlede.

Die Barnards was vir 18 jaar woonagtig in Lichtenburg waarna hulle na Krugersdorp verhuis het. Hulle het drie kinders, twee skoonkinders en vyf kleinkinders. Mariana was nou betrokke by skole in Lichtenburg, by die destydse kunsvereniging, die Vroue Landbou unie en die Tuinbou Vereniging. Sy het altyd met groot liefde teruggedink aan al haar vriende op Lichtenburg en sal onthou word as iemand wat omgegee het vir ander. Haar lewe word mooi beskryf in ‘n “Ode aan Mariaan” deur ‘n vriendin uit die Lichtenburg omgewing:
“Jy was ‘n voortreflike vriendin, toegewyd, intelligend en met kuns aanmekaar gesit. Sy wat eens geglo het aan die lewe en met haar hande kon vorm met groot mildadigheid – sy sou nooit ‘n leë koffer dra nie. Jy het ‘n stempel afgedruk – onvergeetlik sal jy wees Mariaan.”