Trokke in dorp: Waar is jou raadslid?

Posted in Briewe

Die Redakteur,

‘n Paar weke gelede kla ‘n inwoner van Lichtenburg in ‘n brief in die Noordwester oor swaar vragmotors wat ry waar dit verbode is. Dit is natuurlik ‘n probleem wat net aanhou ten spyte van inwoners se weersin daarin. Dit wil voorkom of die vragmotorbestuurders in twee groepe val: Dié wat onseker is oor waar hulle mag ry weens onvoldoende verkeersborde en dan diegene wat ry waar hulle lus kry ten spyte van duidelike borde wat dit verbied.

Almal weet ons munisipale verkeersbeamptes kyk anderpad wanneer hierdie swaargelaaide leviatans ons dorpspaaie stukkend trap. Die vraag is natuurlik wat hulle motiveer om so blind te wees? Daar is natuurlik van hulle wie Afrikaans praat as huistaal, dalk kan hulle hierop antwoord in ‘n volgende uitgawe?

Dit bring my by daardie ander mense wat ook in Afrikaans bid, lag, huil en wie in verkiesingstyd belowe wat ‘n verskil hulle alles in jou dorp gaan maak. Ek praat van daardie spesiale spesie wat RAADSLEDE genoem word. Jare gelede het hulle nominale vergoeding gekry vir tyd bestee om vergaderings by te woon. Vandag kry hulle goeie salarisse, maar wat presies doen hulle in ruil daarvoor? Wat doen ons raadslede nou eintlik oor die trokke wat ons paaie voos ry? Oorkant FNB word ‘n nuwe sakeperseel aangelê. Volgens die bord wat daar pryk gaan Cashbuild soontoe trek. Hoe het die stadsraad se stadsbeplanner so ‘n skuif goedgekeur? Hoeveel ekstra swaar trokke moet daar dan nog in die dorpskern toegelaat word? Hoe laat ons raadslede so iets toe sonder om enigsins te protesteer oor die verkeersprobleem en skade wat dit in Transvaalstraat gaan meebring?

Build It se vurkhysers ry reeds onwettig op en af in die hoofstraat en Bantjesstraat. Moet Cashbuild nou ook toegelaat word om swaar vragte in die sakesentrum in te bring op gelede trokke? Is daar werklik nie een raadslid wat invloed kan uitoefen by Verkeer of nuwe groot verkeerstekens kan aanbring by die nodige aansluitings in Beyers Naudérylaan om trokdrywers te waarsku om uit Gerrit Maritz-, Bantjes-, en Voortrekkerstrate uit te bly nie? “May Tommy Atkins enquire?”

Mense, onthou jou stem beteken geld in die sak vir politici. Volgende keer kan jy jou ongeskikte wyksraadslid straf waar dit saak maak as hy/sy net praat en niks gedoen kry nie. Of nog beter, kontak sy provinsiale leiers en vra hulle moet hom/haar vervang. Google is jou vriend.

Groete, Tommy

Nuwe slender steek kop uit!

Posted in Briewe

Redakteur,

Ek wil ‘n nuwe slenter wat nou kop uitsteek onder besighede in Lichtenburg se aandag bring. Mense van Coligny nader besighede en kettingwinkels in Lichtenburg vir kruideniersware en skenkings vir behoeftige mense in Coligby maar dit bereik ongelukkig bitter min arm mense!

As die mense nie ‘bewyse’ kan voorlê dat hul vir ‘n geregistreerde instansie soos Helpende Hand die insamelings help doen nie, moet dit assblief as verdag beskou word.

Anoniem.

UA-34826928-1