Skelmstreek by Game duur voort!!

Posted in Briewe

Redakteur,
In die verlede het die Noordwester berig dat Game Lichtenburg se pryse op die rak verskil met die wat kasregisters in die winkel registreer . Ek het alweer onlangs so ‘n stel in die winkel afgetrap…

prys verskil met R17 van rak tot kasregister. Ek het nie bohaai gemaak nie, prys is reggestel. Toe ek by die huis kom let ek op dat die prys van Ferrero Rocher met R40 verskil en ek dus te veel betaal het. As ek dit nie opgelet het nie het ek op my aankope dus R142 te veel opgedok!!
Dit kos my weer ry en kla sodat dit reggestel kan word! Hoeveel tyd en petrol moet mens ekstra bestee omdat die bestuur en personeel van die winkel net weier om die probleme aan te spreek??
Ek sidder om te dink hoeveel mense onwetend daagliks dalk ook R142 of nog meer te veel op hul aankope betaal! Daarom my skrywe om die publiek daarop te wys dat hulle moet seker maak dat die pryse wat op die rak adverteer word die prys is wat jy werklik by die kasregister betaal.
Ontstoke Verbruiker