Pad kort gruis

Posted in Briewe

Die Redakteur,
Sowat 13 kilometer buite Lichtenburg op die Biesiesvlei teerpad, by Rietfontein lê daar ‘n groot hoeveelheid padgruis in hope links van die teerpad.

Die aangrensende bure se koeie trap en lê en bemors die gruis daagliks. Ons hoop en wens die mense van die Paaie Departement neem hiervan kennis en sal die pad teer en ‘n gruislaag gooi want die teerpad is lankal deurgetrap en benodig dringend aandag. Naas die Mafikeng-pad dra die Biesiesvlei teerpad die swaarste verkeer van voertuie en groot vragmotors en benodig die teerpad dringend opknapping vanaf Lichtenburg.
Namens Padgebruikers