R10 000 vir jou 2020, 2021 of 2022 troufoto

Posted in Home

STELLALANDER-VRYBURG: Is jy enige tyd sedert die begin van 2020 getroud?

Indien wel, wil ons vir jou R10 000 gee as lesers jou troufoto kies as die wenner van ons Troukiekie-kompetisie. Dit is wat op die spel is indien jy sedert 1 Januarie 2020 is, of voor, of op 30 Junie 2022 die ja-woord gee. Die enigste vangplek is dat jy steeds getroud moet wees teen die einde van die kompetisie om vir die prys in aanmerking te kom. ‘n Inskrywing, wat ‘n enkele foto is, kos R66-00 (BTW ingsl). Jy mag egter soveel keer as wat jy wil inskryf. Onthou ook dat jy by slegs EEN van die Noordwes Koerantgroep se koerante mag inskryf. Hulle is: Rustenburg Herald, Brits Pos, Mahikeng Mail, Noordwester, Klerksdorp Record, Stellalander en Gemsbok. Ook belangrik: Jy moet binne die fisiese verspreidingsgebied van die koerant waar jy inskryf woon, werk of jy moes in daardie gebied getrou het. Inskrywings sluit 31Augustus en daarna sal lesers op ons webblad, asook op Facebook hul gunstelinge kan kies. Slegs elektroniese inskrywings sal aanvaar word. Gaan na http://www.northwestnewspapers.co.za/ vir meer inligting.