Proveld Bonsmara produksieveiling

Posted in Home

STELLALANDER-VRYBURG: Proveld Bonsmaras se produksieveiling is op 9 Junie by Vryburg veilingskrale, aangebied deur Noordkaap Lewendehawe, gehou en was ‘n groot sukses.

Die duurste bul, lot 26 – ROM19-236 van Wynand Bester van Piet Plessies, is verkoop vir R100 000 aan Stella Walker van Vryburg.
Die gemiddeld van die bulle verkoop was R62 320.
Kommersiële vroulike diere behaal ook goeie pryse en gemiddelde is as volg:
Koeie en kalwers behaal ‘n gemiddeld van R31 670, dragtige koeie en kalwers  (3-in1), verkoop vir R31 000, dragtige koeie se gemiddeld was R25 100, dragtige verse verkoop vir R24 200, en oop verse behaal ‘n gemiddeld van R14 661.
Noordkaap Lewendehawe Vryburg wens Proveld Bonsmaras en die gasverkopers geluk met die suksesvolle veiling, asook die top gehalte diere wat aangebied was.  Theuns Visser was die afslaer. (Foto: verskaf)