Vliegtuig val - land gons
`n Piper ligtevliegtuig, wat onderweg was na ‘n vliegskool by Wonderboom in Pretoria, het Sondagaand (6 Oktober) tussen 17:30 en 18:00 in `n huis in Huhudi buite Vryburg vasgevlieg. Volgens `n plaaslike vliegtuigkenner wil dit lyk asof die vliegtuig in die rigting van Pretoria gedraai het, maar onderdeur die kragdrade gevlieg het en toe die motorhuismuur van die huis getref het.