Geen borg vir Gerrie

Posted in News

Stellalander-Vryburg -  Daar was Woensdag (13 November) groot belangstelling by die hof op die dorp toe uitspraak gelewer is in die bedrogsaak van voormalige finansiële adviseur, Gerrie Coetzee.

Coetzee, ‘n gesiene sakeman wat ook op verskeie komitees in die dorp gedien het voor sy inhegtenisname – waaronder as voorsitter van een van die dorp se skole se Beheerliggaam – is deur regter André Pietersen op 52 aanklagte van bedrog skuldig bevind. Verbaasde uitroepe het uit die openbare galery opgeklink toe die regter aangedui het dat hy nie aan Coetzee borg gaan toestaan nie en dat hy onmiddellik na die Rooigrond gevangenis oorgeplaas word tot sy vonnisoplegging wat vir 10 Februarie 2020 geskeduleer is.
Sien volgende week se uitgawe van Stellalander vir meer oor die aangeleentheid.