Bruidskompetisie weer oop

Posted in News

Stellalander-Vryburg – Dit is weer `n nuwe jaar propvol nuwe uitdagings en geleenthede.

Stellalander stel weer die jaarlikse Bruidskompetisie oop en word bruide wat tussen 1 Januarie 2019 en 31 Desember 2019 getroud is, uitgenooi om in te skryf. Bruide wat wil deelneem moet binne die fisiese verspreidingsgebied van Stellalander woon. Die inskrywingsfooi vir vanjaar beloop R100 per foto en bruide kan soveel foto’s soos hulle wil inskryf. Indien daar nie genoeg inskrywings is nie, behou Noordwes Koerante die reg voor om die kompetisie op te skort. Inskryfgeld sal in dié geval terugbetaalbaar word. Inskrywings open dié Vrydag (14 Februarie) en sal op 3 Mei sluit. Stemme open op 11 Mei – daardie week word al die inskrywings eenmalig geplaas.  Stemme sluit dan op 17 Mei om middernag en die wenner word in die Stellalander van 20 Mei aangekondig. Die kompetisie verander vanjaar so `n bietjie.  Bruide sal die kans kry om slegs aanlyn in te skryf aangesien daar geen inskryfvorms in die koerante sal verskyn nie.  Daar sal ook slegs aanlyn – dit beteken op die webwerf en Facebook – gestem word. Geen stembriefies sal in die koerant verskyn nie.
Die foto’s sal ook nie soos voorheen op `n weeklikse basis in Stellalander geplaas word nie. Deelnemende bruide kan weer vanjaar uitsien na R10 000 prysgeld.