Mobiele eenheid in Vryburg

Posted in News

Stellalander-Vryburg -  Die inwoners van Vryburg is vanoggend ingelig oor meer besonderhede rondom die plaaslike Covid-19 toetse.
Volgens inligting wat deur Demokratiese Alliansie54 (DA) raadslid Hendriëtte van Huyssteen sal toetse nie meer by 'n sentrale punt plaas vind nie as gevolg van 'n verhoogde risiko van aansteking in groot groepe.

“Die mobiele eenheid beweeg deur die woonbuurte en doen tuistoetse. Hulle kondig met die luidspreker aan soos hul beweeg. Die tuistoets is 'n "rapid test" en toets vir alle influenza verwante virusse. Indien jy daar positief toets sal die verdere toets op jou uitgevoer word,” het raadslid van Huyssteen bygevoeg.
Die toets is gratis. Dit is glo veilig en vinnig en daar is geen risiko dat die apparate besmet is nie (alle voorsorg word getref).
Die mobiele eenheid is tot Vrydag (17 April) nog in dié dorp.

 

Hoekom jy jouself moet laat toets by die mobiele eenheid?


Raadslid van Huyssteen verduidelik dat indien jy 'n noodsaaklike werknemer is wie gereeld kontak met die publiek het, dit 'n goeie manier is om te weet of jy die virus opgedoen het -en om jou gesin te beskerm.
Die Departement van Gesondheid wil soveel mense moontlik binne Vryburg toets, sodat hul dit as' n "groen zone" kan verklaar.

Dit sal later 'n rol speel wanneer daar besluit word of sekere besighede binne Vryburg weer kan begin handel dryf.
Kontakbesonderhede wat geskakel kan word ingeval die eenheid nie verby jou huis beweeg nie en jy jouself graag jouself wil laat toets sal later deur gegee word.