Wild in bakkie gevind

Posted in News

Stellalander-Kuruman - Vyf mans tussen die ouderdomme van 20 -en -42-jaaroud is deur Severn SAPD-lede hier gearresteer in verband met onwettige jag. 

Die voorval het op Saterdag (28 Maart) omstreeks 23:00 plaasgevind. A/O Precious Seikaneng, Sers Olebogeng Sebati, Sers Monnapula Seme, konst Moorosi Pico en konst Onkarabetse Gasekatswe was besig met patrollie toe hul inligting ontvang oor `n verdagte voertuig. Hulle het dadelik reageer en die voertuig wat vinnig gery het, op die hoofweg Severn gery. Die wit Toyota-bakkie is gestop en deursoek. Hulle het een Gemsbok, een Koedoe en een Wildebees ter waarde van R30 000 gevind. Daar is ook een geweer e n nege rondtes ammunisie gevind. Vyf verdagtes is in hegtenis geneem nadat hulle nie kon bewys waar die diere vandaan kom nie. Alles wat gevind is, insluitend die Toyota-bakkie is gekonfiskeer. Genl maj Johan Bean, kluster bevelvoerder van die John Taolo Gaetsewe distrik, het die Severn-lede vir hul toewyding en blits optrede geprys. Die verdagtes sal op Maandag (30 Maart) voor die landdroshof in Kuruman verskyn.