Tehuis vir bejaardes ontvang groot skenking
STELLALANDER-BLOEMHOF: Op Donderdag (8 Julie) het die Veterane Bystandfonds se uitvoerende direkteur, Quintus Smalman, veterane in Bloemhof, Noordwes Provinsie besoek. Quintus Smalman en Jack de Beer, die Vrystaatse verteenwoordiger van die Fonds het die Japie Kritzinger Tehuis vir bejaardes in Bloemhof besoek.