28
Sat, Jun

As 'n "groterige" stad het Rustenburg vir jare al meer as genoeg restaurante en formele of informele eetplekke waar mense (al is dit net vir die etensuur) hul gejaagde roetines kan ontvlug en vir 'n verandering 'n ander spyskaart as dié by die huis onder oë kan kry. As daar een enkele pluspuntjie is van die resessie-agtige ekonomie van die afgelope paar jaar, is dit die inisiatief wat in mense na vore gekom het om gedaante te gee aan die sake-gestaltes wat elkeen van ons seker maar op een of ander manier het. Raasblaar
Lodge is 'n heerlike luilekker-kuierlekker restaurant, kuierplek en gastehuis sowat 25 km vanaf Rustenburg waarvan jy 'n prominente aantekening moet maak vir wanneer die "wanderlust" jou weer beetpak. As jy links of regs draai op die Kromrivier-pad net anderkant die ou Wigwam, is dit na 400 m aan jou linkerkant. Met ons eerste kuiertjie daar verlede week, het ons sommer 'n klompie bekende Rustenburgers raakgeloop wat sommer op gereelde basis uit hul gebaande Rustenburgse weë wegbreek om hier in 'n hartlike Bosveld-atmosfeer te kom ontspan. 

Read more …BOSVELD-GASVRYHEID BY RAASBLAAR LODGE

Ja, nou is dit sonder twyfel die begin van die feestyd en in baie huise en families begin ons voorslagkokke en onthalers om die spyskaarte noukeurig op te stel vir daardie spesiale klompie dae wanneer die hele familie en al die kroos bykemaar is. In hierdie tyd is dit vir mense regoor die wêreld tradisie om saam te eet en fees te vier soos mense deur eeue heen gedoen het. Terwyl daar mense is wat so bevoorreg is dat hulle geen koste hoef te ontsien om letterlik die beste voetjie (of is dit boudjie of ribbetjie?) voor te sit nie, is Suid-Afrikaners deesdae maar al te deeglik bewus van die stygende lewenskoste. Daar is werklik geen rede om oorboord te gaan as jy wil of moet onthaal nie en as jy 'n bietjie verbeelding gebruik, kan enige watertandmaaltyd steeds ekonomies wees.

Read more …BOEREKOS BLY BOBAAS EN HOENDERPASTEI ‘N GUNSTELING

Deesdae hou nie "almal" meer so baie van die Amerikaners as in die ou dae nie en in die laaste klompie jare blyk dit (of is dit indoktrinasie?) dat al hoe meer mense oor die wêreld heen se oë oor die Amerikaners begin oopgaan het. Maar ja, kom ons praat nie hier politiek nie en bepaal ons by kos maak... Maryke Nel - ons Mej Rustenburg Herald 2017 is vandeesweek aan die beurt in ons "raak die 'klits' kwyt" en maak vir ons tipiese "subs" - die Amerikaanse woord vir 'n gevulde broodrolletjie wat die "Yanks" om die een of ander rede aan 'n duikboot laat dink - vandaar die naam "subs". 

Read more …ANKS" SE "BOOTJIE" NOU 'N BROODJIE...

Hantie Fourie sé die resep vir room hoenderlewers en sampioene is propvol geur en smaak - en dit maak dit 'n wenner. Dit is perfek as ‘n voorgereg of ontbyt en word met vars brood en plaasbotter bedien. Sy is een van ‘n tweeling en saam deel sy en haar broer ‘n skreeusnaakse humorsin. Sy bedryf 'n koffiewinkel.

Read more …ROOM HOENDERLEWERS MET SAMPIOENE

Jakkie Hees is ‘n bemarker by Klerksdorp Rekord en as sy saans by die huiskom is sy nie lus vir kos met fieterjasies nie. As sy wel die dag lus het om kos te maak, trek sy haar resepteboeke nader. Hierdie bunny chow is net die regte gereg vir ‘n Vrydagaand.

Read more …HOENDERKERRIE BUNNY CHOW

Marius Koenig is bekend vir sy betrokkenheid in die gemeenskap as weldoener en sportafrigter. Alhoewel hy gesetel was in ‘n beroep binne die mynwese, lê sport vir gestremdes hom baie na aan die hart. Hy was president van Klerksdorp se Rotariërs in 2018 en woon op dieselfde perseel as sy kinders en kleinkinders waar hy graag agter die kospotte inspring as dit tyd is vir aandete.

Read more …KIP-KIP HOENDERGEREG

Milana Burger is ‘n spysenier wat min bekendstelling in Klerksdorp nodig het. Haar gebak is legendaries, sy kan heerlike kookkos voorsit en al spandeer sy ure op haar voete voor die stoof, het sy altyd tyd vir ‘n vinnige geselsie. Haar hoenderkerrie-resep is ‘n gereg met baie geure en smaak, en maklik om self te maak. 

Read more …KERRIEHOENDER

deur Celicia Steyn

Bestanddele
• 1 Heel gaar hoender
• 1 Ui fyn gekap
• 1 Koppie gekapte sampioene
• 1 Blik slaai aspersies
• 4 Eetlepels meel
• 2 Koppies hoenderaftreksel

Read more …ASPERSIE-HOENDER

Marinda du Plessis se hande staan vir niks verkeerd nie. Sy het vir langer as 20 jaar by Klerksdorp Rekord gewerk en die personeel gereeld met haar heerlike gebak verras. Sy hou van tuinmaak, naaldwerk en is ‘n ywerige doen-dit-selfer. Haar resepte is vinnig, maklik en flatervry.

Read more …HOENDERPASTEI

Maklik, gesond en vullend. Só beskryf Emsie Jansen van Rensburg hierdie maklike hoenderslaai wat sy graag vir middagete voorberei. Emsie het lank in Klerksdorp gewoon, maar is nou ‘n Pretorianer waar sy in bemarking werk.

Read more …HOENDERFILLETSLAAI

Nouja, die eerste ding wat ons boere- en plaasgemeenskappe vir ons sal vra as ons vir hulle ‘n resep vir ‘n heerlike hoenderburger aanbied, is seker: “het julle nie geweet ons is vleismense nie?” Met ander woorde braaivleis, pap en sonkyn (en rugby) of hoe? Maar goed dan - spesiaal vir diegene wat hierdie tyd van die maand al lus het vir ‘n ietsie anders as wat gewoonlik op die oop vuur gemaak word. Kollega Bennitt Bartl en vroulief Heilet spog lankal hier by ons oor hulle lekker hoenderburgers - so hier’s ‘n maklike en lekker reseppie vir daardie “einde-van-die-maand”-naweke. 

Bestanddele:
1 pakkie hoenderborsies
60ml olie
125ml BBQ-sous

Read more …HEILSAME HOENDERBURGERS IN ‘N JAPTRAP…
Page 4 of 5