Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

NOORDWESTER – LICHTENBURG - Daar is ongetwyfeld talle mense in Noordwes se uitgestrekte boerderygemeenskappe wat die Tswana-taal deeglik onder die knie het. Maar meneer, mevrou – hoe dink jy sou jy vaar as jy vir ongeveer 90 minute lank rugbykomentaar in Tswana vir een van die SABC se swart stasies moes uitsaai? 
‘n Afrikaanssprekende boer van Groot-Marico het die land aan die praat en verbaasde Tswanasprekende gemeenskappe aan die luíster met die gemak waarmee hy die afgelope twee dekades al sokker- en rugbykommentaar in Tswana oor die SAUK se radio- en tv-senders laat ego.

Read more …Maricoboer se Tswanakommentaar het land aan die praat

NOORDWESTER – LICHTENBURG - “Ons erfenis is besig om voor ons oë te verbrokkel.” Só sê Barry Müller, die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) se kultuurnetwerkkoördineerder, nadat die FAK ’n regsbrief op die Ditsobotla Plaaslike Munisipaliteit beteken het. Die FAK probeer al maande lank om die munisipaliteit te kry om hulle verpligtinge na te kom en die Noordwes Landbou Museum in Lichtenburg te beveilig, maar al die versoeke het op dowe ore geval.

Read more …Federasie vir Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) neem regstappe teen munisipaliteit

NOORDWESTER – MOLOPO - The Molopo Magistrates’ Court postponed the case against Dr Andrew Lekalakala (58), the former head of department at the North West Department of Health, and his co-accused, Joseph Leshabane (61), to 31 January 2024, for further investigations. Lekalakala is facing two charges of contravening the Public Finance Management Act (PFMA) and two of fraud, and he was granted R10 000 bail. Leshabane is charged with his company, Raliform Investment, on six counts of fraud amounting to over R49 million, and he was granted R50 000 bail. The two were arrested by members of the Hawks’ Serious Corruption Investigation and Serious Commercial Crime Investigation Units on Monday, 02 October 2023, around Mahikeng.

Read more …Fraud and PFMA contravention case co-accused linked

NOORDWESTER – LICHTENBURG - Vier plaaslike rugbyliefhebbers behaal groot deurbraak met nuwe aanlynprogram op BakGat TV.
In ‘n opwindende ontwikkeling vir Suid-Afrikaanse rugbygeesdriftiges het vier plaaslike manne van Lichtenburg saamgespan om ‘n opwindende Afrikaanse rugbygeselsprogram bekend te stel wat die digitale luggolwe met storm oorneem. Hierdie dinamiese kwartet het die wêreld van aanlyn-tv programme aangedurf met hul program Rugga Chat, en bied aan aanhangers boeiende insigte, lewendige besprekings en ‘n vars perspektief op die sport waarvoor hulle so lief is. Die breinkinders van Rugga Chat het met hierdie nuwe Afrikaanse rugbygeselsprogram vinnig ‘n entoesiastiese aanhang op sosiale media gekry.

Read more …Rugga Chat Rugby aanlyngeselsprogram

NOORDWESTER – COLIGNY - Hoërskool Coligny is ‘n klein, plattelandse skool met 319 leerders en 28 personeellede. Die skool het eers net bestaan uit die westelike vleuel van die huidige vierkant wat in 1924 voltooi is met Mnr PS Coetzer aan stuur as die hoof tot 1947. Daarna het Mnr JC Geertsema die leisels oorgeneem, Ten tyde van die stigting van die skool het standerd 6 nog ‘n publieke eksamen afgelê. In 1926 het Coligny se skool maar vyf personeellede gehad. Na talle pogings om ‘n hoërskool te kry misluk het, was daar eindelik sukses en die eerste vier leerlinge kon die std. 7 Junior sertifikaat eksamen in 1934 aflê. 
Die hoeksteen van die saal is in 1959 onthul deur die destydse Direkteur van Onderwys, Dr. AH du Preez. In 1960, met Dr. Phil Smith as hoof, het die skool std. 9 en 10 bygekry, en die eerste groep kon in 1961 matrikuleer. 
Die skool het in 1968 as slegs ‘n hoërskool ontstaan toe die laer- en hoërskool amptelik geskei is.  Oor die jare heen het die skool suksesstories van hul leerders gesien en vir talle jare in ‘n ry spog Coligny met goeie slaagsyfers en prestasies.

Read more …Hoërskool Coligny word 100

More Articles …