Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

  • R150 000 se beeste teruggevind

    GEMSBOK-KURUMAN: Die vasberadenheid van die Kuruman-veediefstal- en bedreigde spesieseenheid (STESU) het gelei tot die inhegtenisneming van ‘n 43-jarige man, en die herwinning van vermoedelik gesteelde beeste ter waarde van ongeveer R150 000-00.
    Op 19 Desember 2025 het die klaer die diefstal van 24 beeste aangemeld wat na bewering tussen 12 en 16 Desember 2025 in die Deerwaard-dorpie in Bothithong plaasgevind het.
    Na bewering is die beeste gesteel toe haar eggenoot in die hospitaal in Kimberley oorlede is. Op 6 Januarie 2026 het ondersoeke die span van die Kuruman STESU na ‘n nabygeleë veepos gelei. ‘n Totaal van 9 beeste en 3 kalwers, wat vermoedelik gesteel is, is deur die klaer geïdentifiseer.
    Die 43-jarige manlike verdagte kon nie ‘n bevredigende verduideliking vir die besit van die beeste gee nie en is gevolglik in hegtenis geneem.
    Hy sal na verwagting binnekort in die hof verskyn.
    Enigiemand met inligting oor die voorval kan die ondersoekbeampte, speurdersersant Paseka Bogoto, kontak by 076 521 1676, die misdaad- stopnommer by 0860010111 of alternatiewelik via die MySAPS-app. Alle inligting sal vertroulik behandel word. 

     
  • Meer as R111 000 se dagga in plakkerskamp gevind

    GEMSBOK-PABALLELO:  Upington Grenspolisie het ‘n beduidende hoeveelheid dagga ontdek tydens die uitvoering van ‘n deursoekingslasbrief.
    Op Sondag 11 Januarie 2026 omstreeks 07:30 is ‘n deursoekingslasbrief by die Paballelo-plak- kerskamp uitgevoer.
    By die deursoeking van die perseel het lede dagga met ‘n geraamde waarde van R111 400-80 ontdek. ‘n 45-jarige man is in hegtenis geneem vir die handel in dagga en sal binnekort in die hof verskyn. Die konfiskering van die dwelms beklemtoon die onwrikbare toewyding van die Noord-Kaapse polisie tot die bekamping van dwelmverwante misdade.  

     
  • Operasies lei tot 973 arrestasies

    GEMSBOK-UPINGTON: Soos die feestyd op ‘n einde kom, bly verskerpte polisie-operasies regoor die Noord-Kaap in plek om voortgesette veiligheid en stabiliteit te verseker deur die uitvoering van Operasie Shanela 2 en Veiliger Feestyd-operasies.
    Senior bestuurders op beide provinsiale en distriksvlak het die hoëdigtheidsoperasies in samewerking met relevante belanghebbendes gelei, wat gelei het tot die inhegtenisneming van 973 oortreders.