Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

GEMSBOK-UPINGTON: Die Interprovinsiale tweekamp wat op 29 November in Kimberley plaasgevind het, het weereens bewys hoekom die sport so vinnig in gewildheid toeneem. Met meer as 230 deelnemers wat van heinde en verre saamgedrom het, was die atmosfeer gelaai met opgewondenheid en mededinging. Atlete van Griekwaland-Wes, Noord-Wes en die Vrystaat het die baan en swembad behoorlik laat gons terwyl hulle vir provinsiale eer meegeding het.
Dit was ’n dag van harde kompetisie waar elke deelnemer diep moes delf om hul beste te wys. In die groter ouderdomsgroepe was die stryd veral intens, met hewige wedlope en indrukwekkende uithouvermoë wat tot die laaste sekonde gehou het. Ten spyte van die sterk teenstand het Griekwaland-Wes as die top provinsie uit die stryd getree – ’n bewys van hul groeiende diepte, toewyding en spanboog.

Read more …INTERPROVINSIALE TWEEKAMP SKOP SEISOEN MET SPANGLANS AF IN KIMBERLEY

GEMSBOK-UPINGTON: : Duineveld se “Kuifie”Jansen (4/19) en Hein Stach (54 lopies, 51 balle) was Saterdag dié span se groot uitblinkers in hul span se sege oor Upington Lions hier op Op die Voorpos se krieketveld berig Nick Pretorius. 
Stach se flitsende kolf en ‘n ewe skitterende boulontleding van 4/19 en 28 lopies van 32 balle deur Jansen het die deurslag gegee in die ZFM-eindstryd waar Duineveld die span van Lions deurgaans onder kwaai druk geplaas het. Jansen is soos rooi wyn vir sy span - hoe ouer hoe beter. Sy goëlballe van ‘n goeie lyn en lengte was eens te veel gewees vir Lions. Stach aan die ander kant het die boulers van Lions met mening bygekom en dit was ‘n lus vir die toeskouers om hom Saterdag op sy beste te sien!

Read more …DUINEVELD SKITTER IN ZFM-EINDSTRYD!

Die Hoërskool Prieska se swemmers het uitstekend gevaar en hul tye baie verbeter die afgelope naweek tydens die 2 & 3 Age Group Gala. Die top presteerders is Rochetté Haai, Henry  Coetzee, Charles Coetzee, Ben Naudé en Hannes Coetzee. Die skool is ongelooflik trots op hulle harde werk, deursettingsvermoë en sportmanskap. 

GEMSBOK-UPINGTON: Die krieketspan van Upington Lions het Saterdag sy ZFM-halfeindstryd (40 bb) met Upington College naelskraap gewen om sodoende deur te dring na die eindstryd berig Nick Pretorius - wat die wedstryd op Op die Voorpos se krieketveld bygewoon het.
 College het eerste gekolf en is almal uitgehaal vir 169 lopies in 37.1 boulbeurte op ‘n kolfblad wat hulp aan die kolwers verleen het. 
Lance Howley met 32 lopies van 53 balle het hardnekkig vasgeskop vir College. 
Die paaltjiewagter, Malcolm Isaacs se 37 van 46 balle het vier viere en ‘n ses ingesluit. 

Read more …Lions klop College met net twee paaltjies

GEMSBOK-UPINGTON: Bodybuilding, ’n sport wat wêreldwyd groot aanhang geniet, kry nou nuwe plaaslike momentum danksy ’n jong atleet wat onlangs haar merk gemaak het op nasionale vlak.
Wat is die IFBB?
Die International Federation of Bodybuilding and Fitness (IFBB) is ’n wêreldwye federasie wat die sport van bodybuilding en fitness reguleer. Dit bied ’n platform vir atlete om hul fisieke krag, estetika en dissipline te toon. Die IFBB is verantwoordelik vir internasionale kompetisies en het ook ’n sterk teenwoordigheid in Suid-Afrika, waar die IFBB SA’s jaarliks plaasvind.

Read more …NK Bodybuilding kry nuwe stem

GEMSBOK-KENHARDT: Kenhardt wen die loot en besluit om eerste te kolf in ‘n bewolkte, maar warm Kenhardt son. Northern Lions verloor twee vinnige paaltjies in die 2de boulbeurt. 
Vaylen Lombard en harde werk van die span, begin om die beurt te bou. Vaylen  eindig in die laaste boulbeurt met 163 van slegs 114 balle, wat insluit 25 grenshoue en een 6. Hy is goed ondersteun deur sy spanmaats met Jevon Adams wat 59 nie uit nie, geeïndig het. 
Northern Lions boul toe vir Keimoes Tigers uit vir net 89 met James Slambee wat 3 paal-tjies neem.
Vaylen se telling is ook nou die hoogste vir die klub en die finale telling is ook die hoogste wat ons klub nog aangeteken het.

 

GEMSBOK-UPINGTON: The management and coaching staff hereby congratulates the players for winning the inaugural U/11 league.
Our players hails from underdeveloped and deprived communities with limited resources, however the resilience and dedication shown by the players throughout the season yielded the necessary results.
We are grateful for the support we received from parents which strengthened the team to achieve this milestone.
We also want to thank Karstens Boerdery for the continued support they rendered to the team.
We are calling on sponsors and other role players to support our team and league, making an investment in grassroots soccer to develop healthier communities free from social ills.
MR  ZOLILE PRUSENTE  (TEAM MANAGER)  0827280692/ 0665175149

 

GEMSBOK-UPINGTON: Upington Swemklub se jong swemster,  Liane van Zyl, het op  26 Oktober 2025 geskiedenis gemaak toe sy ’n  Noord-Kaapse rekord van 23 jaar  by die  Flamingo en Good Hope Gala gebreek het.
Van Zyl het in die  50 m vlinderslag vir die meisies 11–12 -kategorie ’n merkwaardige tyd van  32,59 sekondes aangeteken — ’n prestasie wat haar naam in die provinsiale rekordboeke laat verskyn het.
Upington Swemklub sê hulle is uiters trots op Liane en al die swemmers wat die naweek aan die gala deelgeneem het en  uitstekend presteer het.

Read more … Upt swemmer breek NK rekord na 23 jaar

GEMSBOK-UPINGTON: Op Dinsdag, 22 Oktober, het Hoërskool Duineveld weereens bewys hoekom hulle bekend staan vir hul puik sportorganisasie toe die 2de Tweekamp Liga met groot sukses by die skool aangebied is. 
Die dag is gekenmerk deur uitstekende samewerking, sportmangees en ‘n ware gemeenskapsgevoel.
Die byeenkoms is voortreflik georganiseer deur Duineveld se toegewyde span, met waardevolle hulp van ouers en onderwysers wat as beamptes ingespring het om die dag glad te laat verloop. Hierdie ondersteuning maak dit moontlik dat die tweekamp-ligas van krag tot krag groei en elke keer ‘n groter bywoning trek.

Read more …Suksesvolle 2de Tweekamp Liga

Subcategories