Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-UPINGTON: Die Interprovinsiale tweekamp wat op 29 November in Kimberley plaasgevind het, het weereens bewys hoekom die sport so vinnig in gewildheid toeneem. Met meer as 230 deelnemers wat van heinde en verre saamgedrom het, was die atmosfeer gelaai met opgewondenheid en mededinging. Atlete van Griekwaland-Wes, Noord-Wes en die Vrystaat het die baan en swembad behoorlik laat gons terwyl hulle vir provinsiale eer meegeding het.
Dit was ’n dag van harde kompetisie waar elke deelnemer diep moes delf om hul beste te wys. In die groter ouderdomsgroepe was die stryd veral intens, met hewige wedlope en indrukwekkende uithouvermoë wat tot die laaste sekonde gehou het. Ten spyte van die sterk teenstand het Griekwaland-Wes as die top provinsie uit die stryd getree – ’n bewys van hul groeiende diepte, toewyding en spanboog.


Buite die prestasies was dit egter ook ’n ware familiebyeenkoms, met talle gesinne wat saam deelgeneem en ondersteun het. Die samehorigheid en gees onder deelnemers en toeskouers het die dag ekstra besonders gemaak. Met só ’n sterk begin sien almal met groot verwagting uit na die tweede deel van die seisoen, wat in Januarie afskop en nog meer naelbytwedstryde beloof.
Welgedaan aan die volgende atlete met hul prag prestasie:
Beste hardloop atleet vir die dag: Stiaan Terblache
Top atleet vir die dag (hardloop en swem): 3de plek Adelein Martitz
0/8 dogters: 1ste Anna-Isabella Badenhorts, 2de Ivanka Smith
0/8 seuns: 3de Stiaan Terblanche
0/9 suens: 3de Andries van Zyl
0/11 seuns: 1ste Geo March
0/13 dogters: Elmine Opperman
0/13 seuns: 1ste Noah Visser, 2de Christiaan Mostert
0/15 dogters: 1ste Gea March
0/15 seuns: 1ste Llewelyn Orffer, 2de Louis Lategan, 3de Stiaan Mostert
0/17 dogters: 1ste Mia Groenewald, 3de Charlotte Matthewson
0/17 seuns: 2de Nu Tiedt
0/19 dogters: Anrile Victor, 3de Elizabeth Opperman
0/19 seuns: Gideon Niemand, 3de Frans du Plessis
Senior vrouens: Adalein Maritz, 3de Misha Laubscher
40+ Vrouens: Charlene Smith
40+mans, DJ Mostert, 3de Christo Botha
Special Needs: Dine Joubert