Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

  • Stiefpa gevonnis tot agt jaar vir poging tot verkraging

    PRIESKA: ‘n 39-jarige man van Prieska is op Sondag 28 April 2024 tot agt jaar gevangenisstraf gevonnis vir die poging tot verkragting van sy stiefdogter.
    Volgens die 17-jarige slagoffer het sy tussen 03:00 en 04:00 by die huis aangekom waar sy almal aan die slaap gevind het. Haar ma was nie by die huis nie en die enigste mense wat by die huis was toe sy daar aankom, was haar stiefpa, haar twee broers en susters en haar jong kind, en sy het langs haar kind gaan slaap.
    Later, toe sy wakker word, het sy gevoel dat iemand dalk met haar gemeenskap gehad het terwyl sy geslaap het. Aangesien haar stiefpa die enigste volwassene in die huis was, het sy hom gekonfronteer en hy het bely en bevestig dat hy wel met haar gemeenskap gehad het.

     
  • Upington se krane so te sê leeg

    GEMSBOK-UPINGTON: Die waterkrane van ons Rivierstad, is so te sê leeg, ondanks die feit dat die dorp langs die land se grootste rivier geleë is.
    Raadslede, amptenare en werknemers het elkeen sy eie storie. Die feit dat waterbeperkings ter elfter ure ingestel is, gons op almal se lippe. Dit oorheers gesprekke op sosiale media en almal gooi ‘n arm in die stuiwer.
    Intussen sukkel inwoners, veral in die buite wyke van die dorp, met water - en dit is al wat vir hulle belangrik is.
    Verlede jaar het die defekte van die pompstasie en die opgradering en instandhouding van die reservoirs al ter sprake gekom. Dit was nie die eerste rooivlag vir die verskaffing van water aan al Upington se inwoners nie, maar een van vele. 

     
  • Twee met beskermde plante betrap

    GEMSBOK-OKIEP:Twee verdagtes het Maandag 26 Januarie 2026 in die Springbok-landdroshof verskyn,  na hul inhegtenisneming op Sondag 25 Januarie 2026 vir beweerde oortreding van die Wet op Natuurbewaring 9 van 2009, Artikels 50 en 5.
    Dit volg nadat hulle na bewering beskermde plante in die Steinkopf-gebied ge-steel het.