Die skooljaar is besig om na ‘n einde toe te staan, met skole wat rapporte of verslae aan leerders van Graad 1 tot 11 uitgee. Hierdie verslae is soms moeilik om te interpreteer, omdat terminologie gebruik word wat nie altyd vir ouers verstaanbaar is nie.
‘n Rapport of Verslag sal altyd die lys van vakke wat die leerder deur die jaar gehad het lys met hetsy ‘n vlak (1-7) of ‘n persentasie wat behaal is. Die meeste verslae sluit ook die Graad gemiddeld in om aan te dui hoe die leerder teenoor die Graad presteer het.
1. Promosie - Op die rapport word aangedui dat die leerder na die volgende graad gepromoveer word.
Promosie dui aan dat die leerder aan al die vereistes vir die vak voldoen het en “slaag”.
LUR Vosloo open Noord-Kaap matriek-nasiensentrum met meer as 900 ontplooi
GEMSBOK-UPINGTON: Die Noord-Kaapse Departement van Onderwys is ge-reed om sy Nasionale Senior Sertifikaat (NSS) Eksamen Nasiensentrums amptelik op Maandag 1 Desember te open, met die openingseremonie wat by Diamantveld Hoërskool gehou sal word. LUR vir Onderwys, mnr. Abraham Vosloo, sal die openingseremonie lei, vergesel deur die Direkteur-Generaal van Basiese Onderwys, mnr. Mathanzima Mweli, Waarnemende Departementshoof, dr. Michelle Ishmail, en senior amptenare.
In die Noord-Kaap is altesaam 78 verskillende vraestelle geskryf, en 196 642 antwoordstelle moet nagesien word.
Die volgende personeel is by drie aangewese nasiensentrums aangestel:
916 Nasieners; 186 Senior Nasieners; 85 Hoof Nasieners; 21 Adjunk Hoof Nasieners
85 Interne Moderators; 3 Sentrumbestuurders; 6 Adjunk Sentrumbestuurders
250 Eksamenassistente. Die nasien en vaslegging van punte sal teen 12 Desember voltooi wees.
Franciscus I/S se seniors presteer
Senior graad-leerders van Franciscus I/S wat goed presteer het, is agter van links, Ramoney Steenkamp, Amy Strauss, Gregory Maclyn, Dominique Louw en Lawnicka Swartz. Voor van links verskyn, Lucenchia Vos, Gianeldro Isaacs, Monique Olifant, Len-Jade Engelbrecht, Lee-André Swart en Jada Seekoei.
Franciscus se trots
Veels geluk aan al die leerders van die Intermediêre Skool Franciscus wat vanjaar so pragtig presteer het. Lawnicka Swartz (14), 'n graad agt-leerling, is dié skool se toppresteerder vir die skooljaar 2025. Hierdie slimkoppie het uitgeblink in Wiskunde, Afrikaans huistaal, Engels, Natuurwetenskappe, Ekonomiese Bestuurs- wetenskappe en Lewensoriëntering. Franciscus is baie trots op haar en wens haar groot sukses toe op haar hoërskoolloopbaan wat volgende jaar in aanvang sal neem. * Foto: Nick Pretorius
Kuruman-innoveerder verander passie vir elektronika in sukses by die 45ste Eskom Expo ISF
GEMSBOK-KURUMAN: Kalafo Matsebe van Dibotswa Hoërskool in die Dithakong-dorp in Kuruman het bewys dat vasberadenheid en talent selfs die eenvoudigste idees in oomblikke van grootsheid kan omskep.
Matsebe se merkwaardige prestasie by die 45ste Eskom Expo Internasionale Wetenskapskou (ISF) het hom erkenning besorg as een van die Noord-Kaap se mees belowende jong innoveerders.
Die jaarlikse Eskom Expo ISF, wat vanjaar van 6 tot 10 Oktober by die Emperors Palace-konferensiesentrum in Kempton Park gehou is, het honderde top jong wetenskaplikes van Suid-Afrika en regoor die wêreld bymekaargebring. Leerders het baanbrekersnavorsing en vindingryke projekte oor ‘n wye reeks wetenskap-, tegnologie-, ingenieurswese-, wiskunde- en innovasie (STEMI)-velde ten toon gestel.








