Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

School News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Die skooljaar is besig om na ‘n einde toe te staan, met skole wat rapporte of verslae aan leerders van Graad 1 tot 11 uitgee. Hierdie verslae is soms moeilik om te interpreteer, omdat terminologie gebruik word wat nie altyd vir ouers verstaanbaar is nie. 
‘n Rapport of Verslag sal altyd die lys van vakke wat die leerder deur die jaar gehad het lys met hetsy ‘n vlak (1-7) of ‘n persentasie wat behaal is. Die meeste verslae sluit ook die Graad gemiddeld in om aan te dui hoe die leerder teenoor die Graad presteer het.
1. Promosie - Op die rapport word aangedui dat die leerder na die volgende graad gepromoveer word. 
Promosie dui aan dat die leerder aan al die vereistes vir die vak voldoen het en “slaag”.

2. Progressie - In sommige gevalle word Progressie na die volgende graad aangedui. Dit beteken dat die leerder 
reeds een keer in die fase ‘n graad herhaal het, of dat die leerder saam met die ouderdomsgroep “geskuif” word.Wat staan jou as ouer in hierdie geval te doen? 
Jy as ouer behou die reg om te besluit of jou kind die graad moet herhaal of saam met die groep na die volgende jaar moet beweeg. Die redenasie van die provinsiale onderwysdepartemente is dat leerders nie in dieselfde omgewing met gemak kan vorder nie. Dit beteken dieselfde onderwyser, dieselfde leerinhoud in ‘n nuwe klas. 
Die skool sal reeds vir jou kind ‘n ondersteu- ningsprogram uitgewerk hê vir die volgende jaar in areas waar die volgende onderwysers moet fokus. Dit is belangrik om vroeg in die jaar ‘n gesprek met die voog- of klasonderwyser aan te vra om seker te maak wat gedoen kan word om die leerder te ondersteun. Die grootste fokus is gewoonlik op uitdagings met lees en wiskundige vaardighede, en met die regte ondersteuning kan agterstande uitgewis word.
In Grade 10 en 11 sal dit duidelik blyk of daar vakke is wat moontlik nie geskik vir jou kind se vaardighede en belangstelling is nie. Leerders kan vakke in Graad 10 en 11 verander, eerder as om in Graad 12 met ‘n uitdagende vak te stoei.
3. Kondonering  - Dit is belangrik om in ge-dagte te hou dat leerders in Graad 1-3 gewoonlik twee tale, wiskunde en lewensvaardighede neem. Die vakke vermeerder in Graad 4 tot 6 na 5 verpligte vakke en dan in Graad 7-9 word die verpligte vakke na 9 gelig met die meeste vakke wat meer as een komponent het. Die aantal vakke in Graad 10-12 is maar sewe (buiten addisionele vakke).
Die tyd wat aan die vakke van Graad 4-9 is gewoonlik nie genoeg om al die inhoud van die vakke te dek nie. Daar word ook na die slaag- vereistes vir Graad 12 verwys om die leerders in Graad 4-9 ‘n billike geleentheid te bied. 
Die slaagvereistes vir Graad 4 tot 9 is ook vir die meeste leerders moeilik om te behaal.
Die leerders wat tans in Graad 4 tot 9 is, is ook deur die leerverliese wat in die Covid-19 periode ontstaan het, geraak.Die Departement van Basiese Onderwys het daarom ’n spesiale punte aanpassing vir hierdie grade daargestel om te verseker dat alle leerders dieselfde geleentheid het om te slaag. Dit staan gewoonlik as kondonering bekend en word op die rapport aangedui. 
Leerders wat minder as 5% nodig het om ‘n vak te slaag, kan met punte aanpassing ondersteun word. Hierdie aanpassing kan in 3 vakke toegepas word. 
Wiskunde in Graad 4 tot 9 bly vir leerders ‘n groot uitdaging en daarom word daar spesifiek op die vereistes vir die slaagvereistes van Wiskunde gefokus en ‘n kondonering in Wiskunde gedoen sodat leerders nie ‘n graad moet herhaal omdat die Wiskunde ‘n uitdaging is nie.
Wat staan jou as ouer te doen? Een van die ver- eistes van die onderskeie onderwysdepartemente is dat ouers reeds voor die finale rapport in kennis gestel moet word dat leerders nie soos verwag word vorder nie. Ouers word ook in kennis gestel van watter planne die skool in plek gestel het om ekstra klasse en ekstra ondersteuning te bied. 
 Nie alle kinders leer teen dieselfde spoed nie en het soms ekstra tyd en ondersteuning nodig om die inhoud baas te raak. ‘n Skoolrapport is gewoonlik ‘n foto van ‘n kind op ‘n spesifieke tyd in sy lewe. ‘n Wyse vrou het eenmaal gesê kinders is soos springmielies, nie almal is op dieselfde tyd gereed nie.
As die rapport arriveer is dit nodig om jou kind met deernis te hanteer, moontlike leer- en ondersteuningsgeleenthede te identifiseer en met die skool saam te werk om seker te maak dat jou kind die beste geleenthede ontvang.
- Maryna Besseling, Professionele Adviseur SAOU, Epos: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.