-
Nog ’n Nampo is verby
Die grootste landboutentoonstelling in die Suidelike Halfrond het gekom en gegaan. Die uitstalling op Nampopark het weereens duisende besoekers uit alle oorde gelok met iets vir almal. Die besoekers kon die nuutste motors, implemente en hommeltuie sien, asook alles wat moderne boere gebruik, geniet en benodig. Die weer het vanjaar saamgespeel - nie te koud of te warm nie en droog. Lees meer in dié week se Klerksdorp Rekord. Foto’s: Danie Jacobs.
-
Vrae oor kleuter se dood
Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Die saak teen ‘n ouma van Stilfontein en haar kêrel in verband met die dood van haar tweejarige kleinseun, is hier in die landdroshof tot more (Dinsdag 20 Mei) uitgestel. Die twee is op Vrydag 16 Mei in hegtenis geneem nadat klein Kalvin van Niewenhuisen dood in hul slaapkamer gekry is. Skokgolwe het verlede week deur Stilfontein getrek nadat die omstandighede bekend geword het rakende die kind se dood. Die seuntjie se liggaam is sonder klere onder ‘n kombers in sy ouma se slaapkamer aangetref. Hy het verskeie sigbare beserings aan sy gesig gehad. ‘n Lykskouing sal die oorsaak van sy dood bepaal.
-
MEC urges farmers to register enterprises
Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - The MEC for Agriculture and Rural Development in the North West, Madoda Sambatha, is calling on all farmers in the province to register their farming enterprises on the Department’s Farmer Database. The MEC highlighted this as a strategic step in preparing the sector for a new generation of agricultural professionals. The database, developed and managed by the department, is aimed at building a reliable and inclusive profile of farmers operating across the province. Most significantly, registered farms will serve as practical training sites for agricultural graduates as part of the upcoming 2025/2026 Internship Programme.