Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Die SAOU het soos etlike ander instansies Wêreld Onderwyserdag gevier. In Klerksdorp, moes leerlinge van KHS tweekeer kyk toe van hul onderwysers op Vrydag 17 Oktober in skoolklere by die skool opdaag. Alles in die gees van Onderwyserdag. SAOU het besluit om die hele Oktober aan die viering van Suid-Afrikaanse onderwysers te wy, want, volgens die unie, word daar te min erkenning aan onderwysers gegee.
Hoe leerlinge KI kan inspan om leer te bemeester
Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Prof Ignatius Gous, emeritus professor voorheen verbonde aan Unisa, en ’n spesialis in effektiewe leermetodes, deel sy insigte oor studiemetodes (oftewel bemeesteringstrategieë), en sommer ook hoe leerders KI effektief kan inspan om hulle te help met hul skoolwerk.
Compliance blitz targets businesses
Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - On Friday October 11, the Matlosana Municipality, in collaboration with various agencies, conducted a targeted clean-up operation focusing on businesses in Randlespark and Ellaton. The joint effort included the Matlosana Law Enforcement Unit, Dr Kenneth Kaunda District Municipality Environmental Health Services, the South African Police Service (SAPS), and the Department of Home Affairs.
Ringbalmodelle maak geskiedenis
Tydens die jaarlikse Suid-Afrikaanse ringbaltoernooi, wat gehou is van 5-11 Oktober by Camp Discovery in Dinokeng, het Dr Kenneth Kaunda Distrik se modelle geskiedenis gemaak. Al vier deelnemers van Klerksdorp, het plekke verower in die informele Mnr en Mej Ringbal SA-kompetisie. Op die foto is Jayden Beets (tweede prins juniors van Laerskool Saamtrek), Michaela Chatwind (tweede prinses seniors van Hoërskool Klerksdorp), Tyron Havenga (eerste prins seniors van Hoërskool Klerksdorp) en Michelé Beets (tweede prinses van Laerskool Saamtrek).
Kerspartytjie vir 55 kinders
Klerksdorp Midweek, Dominionville - ‘n Groep DA-gemeenskapslede wat jaarliks ‘n kerspartytjie aanbied vir ongeveer 55 kinders, vra hulp uit die Klerksdorpgemeenskap om die partytjie op 6 Desember spesiaal te maak. “Die kinders wat ons bedien kom uit uitdagende omstandighede en ons doel is om vir elkeen van hulle ‘n dag vol vreugde, hoop en bederf te skep,“ vertel Morné Montgo-mery, organiseerder. Hulle glo elke kind het die reg om die Kersgees te ervaar. Daarom doen hulle dit vanuit die hart en met die hulp van mense en instansies wat omgee. Vir hierdie jaar se Kerspartytjie benodig hulle skoolbenodigdhede (skryfbehoeftes, boeke), toiletware (seep, tandepasta, tandeborsels), ‘n speelding vir elke kind, kos vir die dag, koeldrank en lekkernye soos lekkers of sjokolade. Alle bydraes - groot of klein - sal ‘n betekenisvolle verskil maak. Indien verlang, sal hulle foto’s van die partytjie beskikbaar stel om te wys hoe die kinders baat gevind het by die ondersteuning. Skakel Montgomery by 076 538 4687 of stuur ‘n e-pos na