-
Blokkieboom van liefde
NOORDWESTER – LICHTENBURG - Eindelik is die wagtyd verby.
Die organiseerders vra almal wat gehekel en gebrei het, om Vrydagmiddag, 24 November 2023 om 15:00 (drie uur) by die Klipkerk te wees vir ‘n foto.
Die Blokkieboom is op die terrein van die Klipkerk en staan 12meter hoog. Daar is veel meer as 10 000 blokkies. ‘n Nuwe rekord! Dit was ‘n massiewe projek van Mevrou Lichtenburg Elegant Organisasie wat groot lof verdien. Dankie aan elke vrou wat gehelp het om van die projek so groot sukses te maak.Read more: Blokkieboom van liefde -
Besighede in Boikutso word vasgevat
NOORDWESTER – BOIKUTSO – Lichtenburg SAPD vat hande op Woensdag, 15 November met die Departement van Gesondheid en Immigrasiekantoor en vaar Boikutso in.
Die doel was om alle klein besighede te besoek, veral diegene wat voedselprodukte verkoop.
Kol Willem Bekeer, Lichten-burg stasiebevelvoerder sê 17 winkels is besoek. Twee van dié is gesluit.Read more: Besighede in Boikutso word vasgevat -
Lichtenburg SAPD spog met nuwe offisiere
NOORDWESTER – LICHTENBURG - Kolonel Willem Bekeer, stasiebevelvoerder van die Lichtenburg polisie, is trots om twee nuwe offisiere aan die Lichtenburg gemeenskap bekend te stel.
Luitenant-kolonel Boitshepo Cassius Mokwena is as die nuwe Sigbare Polisiëringsbevelvoerder aangestel.Read more: Lichtenburg SAPD spog met nuwe offisiere