Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Home
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

  • Liggies Sewes-rugby

    Geluk aan die Sewes-rugbyspelers van Laerskool Lichtenburg wat opgeneem is in die onderskeie Noordwes Plattelandspanne. 

     
  • Wonderwêreld-kortverhale - Lichtenburg se mense as karakters

    NOORDWESTER - LICHTENBURG - Johan Kruger is ‘n dosent aan ‘n Suid Afrikaanse Universiteit en ‘n Midde Oosterse besigheidskool. 
    Na sy studies in Potchefstroom het hy gewerk as joernalis by Die Burger en later by die ou SAUK. Sy korporatiewe loopbaan maak ook ‘n draai in mynbou. Hy het verskeie ander belangstellings waarvan die skryf van kortverhale en stories vertel een is. 
    Omdat Lichtenburg so prominente plek in sy lewe het, begin hy kortverhale skryf en skep ‘n karakter, Oom Lodewikus. Oom Lodewikus is nie slim nie, maar hy luister goed. Hy onthou baie en dan vertel hy stories wat hy in sy besige lewe ervaar het. Die stories is verweef uit Lichtenburg se kinderjare, sy werksreise en lewenservaringe. Soms is die stories waar, soms is daar ‘n stertjie by en moet die leser self besluit wat waar is en wat nie. Tog kan alles in die konteks van Lichtenburg geplaas word. 

     
  • Kommerwekkende hofuitpraak

    NOORDWESTER – LICHTENBURG - Agri NW is van meet af betrokke by die Meladora -hofsaak en het 4 Augustus met gemengde gevoelens kennis geneem van die uitspraak wat deur die Grondwetlike Hof gelewer is. 
    Hiermee ‘n basiese opsomming van die beslissing, met goedkeuring van Moolman & Pienaar Ingelyf, wat die saak aangevoer het: 
    Die aanhou van vee is nie ‘n outomatiese reg waarop werkers, bewoners of huurders kan aanspraak maak nie.