Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

  • AfriForum-buurtwag fnuik Lichtenburg-motorfietsdiewe se planne

    NOORDWESTER – LICHTENBURG - Die AfriForum-buurtwag in Lichtenburg het vandeesweek in samewerking met die Omgee-buurtwag daarin geslaag om vermeende diewe se planne te fnuik deur op drie motorfietse beslag te lê wat dié verdagtes vermoedelik gesteel het. 
    Dele van die Burgersdorp-woonbuurt gaan die afgelope tyd gebuk onder ’n reeks motorfietsdiefstalle. Twee motorfietse is onlangs uit die gebied gesteel, en Dinsdag (5 Maart) in die vroeë oggendure is die Lichtenburg-buurtwag van nóg ’n voorval in kennis gestel. 

     
  • So raak beurtkrag die gemeenskap

    NOORDWESTER – LICHTENBURG - Beurtkrag het ‘n negatiewe invloed op baie sektore regoor Suid-Afrika. Kragonderbrekings lê die land lam. 
    Beurtkrag het ‘n kritieke impak op huishoudings, besighede, maatskappye en verbruikers regoor Suid-Afrika, wat lei tot ‘n dalende ekonomie wat daagliks miljarde rande bloei.  Volgens buitelandse beleid, indien beurtkrag nooit plaasgevind het nie, kon die land se ekonomie 17% groter wees as wat dit tans is. Voeg hier by opvoedkundige instellings, landbousektore, plaaslike en internasionale toerismebedryf, kleinsakeondernemings (KMMO’s), gesondheidsorgverskaffers en vele ander noodsaaklike dienste.

     
  • Bayer DEKALB se Bielie-boeredag

    NOORDWESTER – LICHTENBURG - Boere moet elke dag vele uitdagings die hoof bied, insluitend die onvoorspelbare natuur. Hulle lewer onskatbare bydrae tot landbou en die ekonomie van ons land. 
    Ons wil graag elke boer bedank vir hul bywoning en interaksie met die onlangse Bayer DEKALB Boeredag wat gehou was te Rietgat, Lichtenburg op Donderdag, 7 Maart 2024.  Boeredae bied ‘n gunstige geleentheid vir Bayer, as industrieleier, om direk met boere te skakel om inligting, idees en tegnologie uit te ruil.