GEMSBOK-UPINGTON: ‘n Groot groep van die ACVV Dienssentrum op Upington, is verlede week by Ougoud bederf met ‘n vroeë Kersfees-kuier.
Van die bejaardes het met die bussie by Ougoud aangekom en ander met hul eie vervoer. Daar is gekuier van 09:00 tot na 11:00, soos die verskillende groepe ingekom het.
Die bejaardes is ontvang deur leerders van Op die Voorpos en na hul sitplekke geneem.
Mariska Lindeque, bestuurder van Pick ‘n Pay het almal verwelkom.
“Dit was ’n spesiale dag, want dit het ons die geleentheid gegee om vir julle te sê: julle is nie vergeet nie. Julle is die juwele en wysheid van ons gemeenskap - diegene wat dit help bou, lei en met liefde vul.
“Ons is dankbaar vir alles wat julle gedoen het en steeds doen, op maniere wat dikwels nie gesien word nie, maar diep waardeer word. Julle stories, goedhartigheid en voorbeeld herinner ons aan wat werklik belangrik is - omgee, verbondenheid en gemeenskap
SANParke verskerp só publiek se bewustheid op die omgewing
GEMSBOK-UPINGTON: Suid-Afrikaanse Nasionale Parke (SANParke) het saam met die Departement van Bosbou, Visserye en die Omgewing (DFFE) die heel eerste Omgewingsbestuursinspekteur (EMI)-dag op 20 November 2025 gevier.
Hierdie jaarlikse viering vorm deel van die DFFE se EMI-handelsmerkbevorderingstra- tegie, wat daarop gemik is om die publiek se bewustheid te versterk op die belangrike rol wat Omgewingsbestuursinspekteurs speel.
Die omgewingsbestuursinspekteurs, algemeen bekend as die Groen Skerpioene, speel ‘n be- langrike rol in die bestuur van Suid-Afrika se natuurlike en kulturele erfenis.
Nog twee boeke vir Mêrie
GEMSBOK-UPINGTON: “Ek dink een van die lekkerste lekkers is om jou pakkie vanaf die uitgewers oop te maak. Dit bly lekker, al is dit nie die eerste keer nie.” sê Mêrie Scheepers, skrywer van Upington.Dr HSH vier weer Wêreld Prematuredag
GEMSBOK-UPINGTON: Elke jaar word Wêreld Prematuredag op 17 November deur meer as 60 lande wêreldwyd gevier.
Hierdie dag fokus daarop om mense bewus te maak van die hoeveelheid babas wat wêreldwyd te vroeg gebore word, die uitdagings wat hierdie babas, hul ouers en gesinne moet oorkom, en wat gedoen kan word om premature geboortes te voorkom.
Dr Harry Surtie Hospitaal se personeel neem reeds sedert 2011 aan hierdie inisiatief deel.
APD-groep leer meer oor kruie
GEMSBOK-UPINGTON: 25 lede van APD het verlede week op Leerkrans ‘n kruiekursus bygewoon wat aangebied is deur Barbara Lynn Roos, bekende kruiemeester.
Barbara Lynn van Perfekte Kuur is tans besig om unieke kruie produkte vir APD te ontwikkel - spesiaal vir die behoeftes van persone met gestremdhede. Alle navrae kan gerig word aan Elmarie by 087 086 2907 in kantoor ure.
Perfekte Kuur is ‘n besigheid wat natuurlike produkte ontwikkel en ook klasse aanbied oor hoe om met kruie te werk vanaf die plant tot die produkte op die rak.
Slim strategieë en ’n blink toekoms vir Suid-Afrika se rosyntjiebedryf
GEMSBOK-UPINGTON: Met die tema “Raisin the Bar: Smart Strategies and a Grape Future for South Africa” het die Raisins SA/Nedbank Simposium 2025 op 31 Oktober by die Vine Academy and Model Farm (VAMF) in Kakamas plaasgevind – ’n dag wat die hart van die Suid-Afrikaanse rosyntjiebedryf laat klop het.
Die simposium, wat jaarliks as ’n kennis- en netwerkplatform dien, het produsente, verwerkers, navorsers en belangrike rolspelers uit die breër landboubedryf bymekaar gebring om te fokus op volhoubare groei, tegnologiese innovasie en strategiese aanpas- sing binne ’n veranderende klimaats- en markomgewing.
Buitengewone hoë reënval in die park
GEMSBOK-KGALAGADI: Die Kga- lagadi Oorgrenspark het die afgelope naweek buitengewone reënval ervaar, met Nossob-ruskamp wat ‘n indrukwekkende 109 mm aangeteken het - ‘n ongewone gebeurtenis vir hierdie deel van die Kalahari, waar reënval van die aard gewoonlik oor ‘n maand aangeteken word, eerder as in net twee dae.
Die res van die park het ook aansienlike reënval ontvang, en besoekers kan binnekort verwag om te sien hoe die Rooi Kalahari-sand in ‘n welige groen landskap verander, ‘n werklik merkwaardige gesig in hierdie droë streek.
Olifante beweeg nader aan die Kgalagadi Oorgrenspark
GEMSBOK-KGALAGADI: Vier olifante is gesien waar hulle naby die Zutshwa-gebied in Botswana se Kgalagadi-streek rondloop – wat hierdie ikoniese diere binne slegs 70 kilometer van die Kgalagadi Oorgrenspark (KTP) bring, die enigste groot park onder Suid-Afrikaanse Nasionale Parke (SANParke) se bestuur sonder olifante.
Die waarneming is bevestig deur die Departement van Natuurlewe en Nasionale Parke (DWNP) in Botswana, SANParke se bewaringsvennote in die oorgrensbestuur van die KTP.
Dit is die naaste benadering van olifante aan die park in byna ‘n dekade. Die laaste aangetekende waarneming dateer terug na 2015, toe ‘n klein groepie olifante kortliks die gebied binnegewaag het voordat hulle verder getrek het
Sprinkaanuitbrake: AgriSA loods digitale moniteringsplatform
GEMSBOK-UPINGTON: AgriSA stel ’n data-opname-toepassing bekend om te help met die monitering en bestuur van sprinkaanuitbrake regoor Suid-Afrika.
Die platform stel boere, distrik-sprinkaanbeamptes en reaksiespanne in staat om waarnemings aan te teken en swermbewegings in ‘real time’ op te spoor. Dit verseker dat uitbrake vinnig geïdentifiseer en doeltreffend beheer word.
“Oor die afgelope dekade het AgriSA en sy lede ’n produktiewe werkverhouding met verskeie
owerhede gevestig om uitbrake te bestuur,” sê Janine Byleveld, projekwoordvoerder van AgriSA.
JP wys sy staal
GEMSBOK-UPINGTON: Nog ‘n Upingtonner, Jean Piere Zietsman, het ook aan die tweede seisoen van “Moer ‘n Boer” deelgeneem en sy finale geveg na drie rondtes gewen.
Jean Pierre, was soos Junior Burger, ook in die rooispan. Toe Jean Pierre hoor van die kompetisie, het hy dadelik besluit om in te skryf. Hy wou aan homself bewys dat hy nog op 35 fiks en gesond is. Of hy teen mense van sy eie gewig, sy staal kon wys.
Jean Pierre was nog altyd baie fiksheidsbewus en oefen al jare by ‘n gym en met gewigte. Hy geniet die skop/boks. Hy het by Adriaan oftewel Shihan Beukes van “Change Through Sport,” by die swembadsaal hier op Upington, geoefen.
“Moer ‘n Boer” se wenner, Junior, hou van uitdagings
GEMSBOK-UPINGTON: Die wenner van die tweede seisoen van die realiteitsreeks, “Moer ’n Boer, van kykNET, Junior Burger, is ‘n man wat van uitdagings hou.
Hy was een van 28 boere wat hul trekkers en stropers vir die opwindende wêreld van gemengde gevegkuns, oftwel MMA (mixed martial arts), verruil het en dit terwyl hulle steeds boer.
Onderleiding van die UFC-vegter Cameron Saaiman en aangevuur deur die unieke charisma van die gasheer, Janneman van den Berg, het kykers die boere se pad van die plaas na die geveghok gevolg. Die reeks het die boere se reis na selfontdekking, hulle harde werk en toewyding, asook die kameraadskap en konflik tussen die manne gewys. Neil Geyser en Dwain Meredith was die afrigters van verskillende spanne.
Van Zylsrus Kunsteweek is vol belofte
Almal weet hoe lyk die jaar vanaf Oktobermaand. Afsluitings, skoolkonserte, kerkfunksies en besigheidsfunksies kom aangerol soos ‘n reuse-tsunami. Ons asems raak sommer droog net met die gedagte daaraan. Die einde van die jaar alreeds het gewink soos die spreekwoordelike liggie in die wapad, toe die oproep vanuit die Kalahari weerklink. Kom ons hou Kunsteweek!
Kuns in die diep Kalahari - Van Zylsrus. Hoe opwindend was dit nie van die heel eerste oomblik af nie. Ek het my goed verbeel hoe ons kunsdae onder ‘n afdak van rietgras, met wildsbokkies wat wei om die tuin sou plaasvind. Met die gul gasvryheid van platteland om ons, natuurlik.








