Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

GEMSBOK-KAKAMAS:  Paul Muller, ook bekend as Oupa Muller in sy jongjare as ‘n briljante heelagter met die giftige kanonpoot, is op 27 Januarie aan ‘n hartaanval in ‘n hospitaal in Kakamas oorlede.
 Oom Paul was 83 jaar oud. Hy is op 17 Julie 1942 in Kakamas gebore en hy was een van die vier bekende Muller-rugbybroers wat uitgeblink het vir hul klub Rivertons.
 Dié broers het dikwels saamgestaan wanneer die pap dikgemaak word op die rugbyveld. Oom Paul sal altyd onthou word vir sy hotkloustewel wat die leer rugbybal myle ver geskop het! Sy onortodokse spel op heelagter vir sy klub Rivertons en vir Noordwes-Kaap was by tye uit die boonste rakke.

Read more …‘n Legende in NWK- rugbykringe oorlede

GEMSBOK-UPINGTON: Die Noord-Kaapse Departement van Sport, Kuns en Kultuur betreur die afsterwe van een van Suid-Afrika se mees invloedryke kulturele stemme, dr. Diana Ferrus. 
Haar poëtiese briljantheid en onwrikbare toewyding aan geregtigheid, identiteit en versoening het ‘n blywende nalatenskap in die Suid- Afrikaanse letterkunde en kulturele lewe gelaat.
Dr. Ferrus was ‘n begaafde skrywer, digter en mentor wie se ikoniese gedig vir Sarah Baartman waardigheid herstel en nasionale besinning aangewakker het, en betekenisvol bygedra het tot Suid-Afrika se reis van genesing en eenheid. Haar werk het beide nasionaal en internasionaal erkenning verwerf.

Read more …...

GEMSBOK-UPINGTON: Een van Upington se voorste tafeldruif- en rosyntjieboere, Johan van der Colff, is onlangs oorlede.
Johannes (Johan) van der Colff was ’n tweede-generasie tafeldruif- en rosyntjieboer, gebore op Kanoneiland as een van drie kinders uit die huwelik van Johannes (“Gog”) en Lalie van der Colff, oorspronklik van Kenhardt.
Johan se pa, Gog van der Colff, het reeds in 1937 sy eerste stukkie grond van tien morg bekom en was deel van ’n klein groepie pioniers wat die grond voorberei het vir die aanplant van die eerste wingerde langs die Oranjerivier, ’n nalatenskap waarop Johan later sou voortbou.

Read more …Groot tafeldruif- en rosyntjieboer onlangs oorlede

GEMSBOK-UPINGTON: Die Expo-bestuur, onder leiding van die president, Henco Burger, het hul eerste vergadering vir 2026 gehou en planne word gemaak om weer ‘n interessante skou saam te stel.
So, Upingtonners en Noord-Kapenaars, moet 28 - 30 Mei dagboek hou vir die jaarlikse Upington Landbou Expo.
Verlede jaar is die terrein aangepas sodat meer aktiwiteite van die verhoog af besigtig kan word. Soos die Engelsman sê, “hierdie jaar gaan ons die uitleg fine tune,” vir deelname, asook skougangers se gemak.

Read more …Upington Landbou Expo 28 - 30 Mei 2026

GEMSBOK-SPRINGBOK: Die bekende storieverteller, mnr. Arno van Zyl, is verlede week oorlede.
Arno van Zyl was onlosmaaklik deel van die Namakwalandse landskap, net soos die kokerbome en granietkoppies van sy tuisdorp, Springbok. 
Bekend as Springbok se "bobaas-storieverteller," het Arno die unieke gawe gehad om die siel van sy streek en sy mense in woorde vas te vang. Hy was nie net 'n inwoner nie; hy was 'n argivaris van die Namakwalandse gees.

Read more …Bekende storieverteller se stem nou stil

GEMSBOK-UPINGTON: Wanneer dit kom by verhuisings, veral oor lang afstande of vanuit afgeleë areas, is betroubaarheid en deeglike beplanning van kardinale belang. 
Rossouw Removals is ’n gevestigde vervoer-  en stoormaatskappy wat professionele   dienste lewer aan kliënte regoor Upington, die Noord-Kaap en verder. Die onderneming het ’n besonder persoonlike ontstaan. 
Die besigheid is reeds tydens die eienaar, Jako van der Merwe, se matriekjaar by Paarl Gimnasium begin, en het oor tyd organies gegroei tot ’n volwaardige verhuisingsonderneming. 

Read more …Betroubare verhuisings en berging vir Upington en die Noord-Kaap

GEMSBOK-UPINGTON: ACVV Oranjehof Tehuis vir bejaardes het hul 60ste jaar met ‘n behoorlike “Sixties Party” gevier.
Inwoners van die tehuis, die matrone en al die hulp-personeel, het hul behoorlik uitgevat volgens die tema.
Tannie Rina Liebenberg, vorige voorsitter van die ACVV op Upington, het die oggend begin met ‘n oorsig van die tehuis. Sy het genoem dat die ACVV in 1964 die eerste 20 wooneenhede geopen het. Toe was die outehuis nog in aanbou. In Desember 1965 is die outehuis geopen. Sy onthou dat om ‘n woonstel te huur toe R10 p/maand was; die melkrekening van R36 p/maand; vleisrekening R80 p/maand en die broodrekening R15 p/maand. 

Read more …Oranjehof word 60 jaar

Omgee beteken om vriendelik en besorg te wees oor ander se welstand, om ‘n gevoel van versorging te koester en te wys dat jy aandag gee deur dade soos vrae vra en luister, of praktiese hulp aan te bied, soos om jou hand vas te hou, want jy het daardie persoon lief en sal nie wil hê hulle moet ly nie

GEMSBOK-UPINGTON: En dit is presies wat verskeie mense in Upington doen nadat die 16-jarige JP Jansen van Rensburg se lewe verlede jaar onherroeplik verander het na ‘n grusame motorongeluk.
As gevolg van die ongeluk is JP verlam. ‘n Jong seun met drome, planne en ‘n toekoms, wat nou elke dag ‘n stryd voer, nie net fisies nie, maar ook emosioneel.

Read more …Help só vir JP

GEMSBOK-UPINGTON: Sewe pas gegradueerde veeartse het ‘n 12-maande dienstydperk begin wat toegewy is aan die versterking van dieregesondheidsdienste en die ondersteuning van die Noord-Kaap se noodsaaklike landbousektor.
Die LUR, Mase Manopole, het die 2026-groep van Verpligte Gemeenskapsdiens (GGD) veeartse amptelik ingehuldig.

Read more …Lur Mase Manopole verwelkom 2026 verpligte gemeenskapsdiens veeartse

GEMSBOK-UPINGTON: Sers Daniella Modisaotsile is nie net ‘n polisievrou wat elke dag die normale polisiewerk doen nie, sy loop ook die ekstra myl in die samelewing.
Sy en haar man, sers. GE Modisaotsile, sers Wally Crause en kapt Billyboy van Wyk kry gereeld te doen met die wel en weë van straatkinders op Upington.
Sy staan dan ook bekend as “moeder” omdat sy nie net raas nie, maar ook omdat sy haar bemoei met die “kinders”.
Dis dan ook hoekom Danwill Barends ook bekend as Pantosie, hom tot haar gewend het toe sy broer Elrico Barends, wie bekend was as Gons, begrawe moes word.
Gons (Frans Barends) is op 22 November tydens ‘n tref en trap ongeluk op die Oranjerivierbrug (N10) oorlede.

Read more …Polisielede help só om ‘n straatkind te ruste te lê

GEMSBOK-UPINGTON: Kalahari Day Theatres verwelkom met groot waar-
dering dr Mohammed “Mo” Kolia, ’n gerespekteerde uroloog wat in Upington sal konsulteer om pasiënte met urologiese behoeftes te ondersteun. 
Sy aanstelling versterk toegang tot gespesialiseerde sorg in die streek en verminder die behoefte aan langafstandreise vir ondersoeke, prosedures en opvolg.
Dr Kolia is in die KwaZulu-Natalse  Middellande gebore en getoë. Ná matriek in 1994 het hy sy MBChB aan die Universiteit van Pretoria voltooi, gevolg deur sy internskap by Addington Hospitaal en gemeenskapsdiens by RK Khan Hospitaal. Hy is verder opgelei as registrateur in algemene chirurgie en het later, van 2006 tot 2009, as konsultant in algemene chirurgie by Gordonia Hospitaal in Upington gedien. Hy het ook in die trauma-eenheid by Groote Schuur Hospitaal gewerk.

Read more …Uroloog gaan Upington nou gereeld besoek

GEMSBOK-KURUMAN: Waarnemende LUR vir Gesondheid, mev. Mase Manopole, het onlangs ‘n tydelike modulêre eenheid vir ongevalle en noodgevalle (O&O) met 8 beddens by die Kuruman-distrikshospitaal, wat onmiddellike uitbreiding van noodsorg bied terwyl die regering ‘n permanente O&O-fasiliteit met 45 beddens versnel, amptelik geopen.
Die waarnemende LUR is vergesel deur die burgemeester van die Ga-Segonyana-plaaslike munisipaliteit, raadslid Neo Masegela, asook die uitvoerende burgemeester van die John Taolo Gaetsewe-distriksmunisipaliteit, raadslid Queen Mogatle-Thoane.

Read more …Nuwe tydelike noodeenheid vir Kuruman