Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-UPINGTON: Een van Upington se voorste tafeldruif- en rosyntjieboere, Johan van der Colff, is onlangs oorlede.
Johannes (Johan) van der Colff was ’n tweede-generasie tafeldruif- en rosyntjieboer, gebore op Kanoneiland as een van drie kinders uit die huwelik van Johannes (“Gog”) en Lalie van der Colff, oorspronklik van Kenhardt.
Johan se pa, Gog van der Colff, het reeds in 1937 sy eerste stukkie grond van tien morg bekom en was deel van ’n klein groepie pioniers wat die grond voorberei het vir die aanplant van die eerste wingerde langs die Oranjerivier, ’n nalatenskap waarop Johan later sou voortbou.


In 1973 het Johan sy Landbou-Verbouingsdiploma aan Elsenburg voltooi en sy boerderyloopbaan met nederigheid en harde werk begin. 
Met deursettingsvermoë en visie het hy ’n vooruitstrewende boerdery op Kanoneiland gevestig wat spoedig suksesvol gegroei het. 
In 1993 het hy Carpe Diem Landgoed aangekoop, vandag ’n bekende baken langs die Oranjerivier. Hy het ook die boerdery gediversifiseer met vee, wild en pekaneut vertakkings en die fondamente gelê van die VDC-groep soos wat dit vandag bekend staan.
Johan was ’n merkwaardige mens wie se lewe en gees ’n blywende indruk op almal rondom hom gelaat het. Hy het met visie, toewyding en ’n besondere warmte geleef - eienskappe wat mense laat voel het dat hulle werklik raakgesien en waardeer word.
Sy liefde vir die land en diere was diep gewortel. Hy het met groot respek vir die natuur geleef, en dit was duidelik sigbaar in die sorg en trots waarmee hy gewerk het en sy lewe ingerig het.
Hy was meer as ’n leier of entrepreneur; hy was ’n mentor, ’n vriend en vir baie ’n vaderfiguur. Van vroeg af het hy geglo dat integriteit, harde werk en opregte omgee vir mense en die aarde selfs die kleinste begin in iets besonders kan laat groei.
Sy lag, sy wysheid en sy stil krag leef voort in die herinneringe en harte van almal wat die voorreg gehad het om hom te ken.