Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

UPINGTON: "Ant Bonnie was in ons generasie en gemeenskap 'n ikoon van liefde, medemenslikheid en deursettingsvermoë", sê Rudolph "Bokkie" Saal in 'n whatsApp-boodskap aan die Pretorius-familie wat hul ma in die vroeë oggendure (03h20) van Saterdag 5 Julie aan die dood afgestaan het. 
Hilda Kathleen Pretorius (gebore Martin) is op die rype ouderdom van 100 jaar en 364 dae oorlede in die Upington mediese sentrum. Die gemeenskap het haar geken as ant Bonnie, die eggenote van wyle Gert Pretorius, 'n oud-onderwyser en bekende kunstenaar. 

Read more …Bekende tannie op amper 101 jr oorlede

GEMSBOK-SPRINGBOK: Ter viering van Jeugdag 2025 het 13 jong leerders van die Namakwaland-gebied, wat tans ingeskryf is in ‘n plaaslike Projekbestuur-leerlingskapprogram, die ouetehuis in Bergsig besoek. 
Die doel van die besoek was om die gaping tussen generasies te oorbrug, verbintenis en deernis tussen die jeug en oueres te bevorder.
Deur middel van storievertelling, speletjies, groepaktiwiteite en  lekker geselsies, het die jeug betekenisvol met die inwoners van Huis Immanuel ingeskakel en wedersydse respek aangemoedig.

Read more …Jeug en bejaardes vier saam Jeugdag

GEMSBOK-UPINGTON: Die Dawid Kruiper Plaaslike Munisipaliteit het omtrent sy hande vol met vandale wat publieke geboue, fassiliteite en eiendom wat aan die munsipaliteit behoort, teiken en verwoes.
Dawid Kruiper het na Gemsbok uitgereik om hul boodskap aan die gemeenskap oor te dra.
Patrick Williams, kommunikasie hoof van DKM skryf:
“Vandalisme van munisipale eiendom is die opsetlike beskadiging of vernietiging van openbare bates, insluitend geboue, infrastruktuur en toerusting. Dit beïnvloed die gemeenskap deur dienslewering te belemmer en die koste vir herstelwerk en vervangings te verhoog. Vandalisme is ‘n misdaad met potensiële regsgevolge, insluitend boetes en gevangenisstraf. Dit is ‘n kriminele oortreding.”

Read more …DKM het hul hande vol met vandale

GEMSBOK-UPINGTON: Na skaars ses maande sedert Vistra Cleaning Services met hulle dienste in Upington begin het- is hulle reeds een van die mees gewilde skoonmaakdienste onder maatskappye, eiendomsagente en selfs privaat huiseienaars!
Met ‘n klein, maar goed opgeleide span, sorg Floors en Esté Visser vir kwaliteit en persoonlike diens - elke keer! Wat as ‘n pypdroom tussen vriende begin het - het bykans oornag in ‘n absolute onvervang-bare diens geword vir besighede wie nie permanente skoonmaak personeel kan aanskaf nie.

Read more … Vistra Cleaning Services - hulle werk hard, sodat jy nie hoef nie

GEMSBOK-UPINGTON: Sowat 50 lidmate van die AGS Lofoord-gemeente, het onlangs ‘n baie interessante kruie werkswinkel bygewoon, wat deur Barbara Lynn aangebied is.
Die groep het kom leer oor God se geneesplan vir liggaam en siel. Tydens die werkswinkel het die groep saam ontdek hoe die Here, in Sy wysheid, van die begin af reeds genesing in die natuur geplaas het. Nie in teenstelling met medikasie nie, maar as ’n aanvullende geskenk. 
God het nooit opgehou om in Sy skepping voorsiening te maak nie - Esegiël 47:12 “...en die blare daarvan sal dien as medisyne.”  Psalm 104:14 “Hy laat gras uitspruit vir die diere, en plante tot diens van die mens; om voedsel uit die aarde te bring.”

Read more …AGS Lofoord lidmate leer meer oor kruie

GEMSBOK-GROBLERSHOOP: Die Benede Oranjerivier se heel eerste Neutfees het pekanneut-entoesiaste en landbourolspelers van oral oor na die plaas, Sewenster, by Groblershoop gelok.
Die eerste fees het heel toepaslik in   ‘n 30 jaar oue neutboord, een van die wat die begin van kommersiële pekan verbouing in die Benede-Oranjerivier afgeskop het, plaasgevind. 
Dawie Roodt, bekende ekonoom is spesiaal ingevlieg om saam te kuier en om ernstig saam te praat oor die toekoms van ons pekanbedryf. 
Hy het diepgaande insigte gedeel oor die wêreldekonomie, sowel as plaaslike en internasionale politieke ontwikkelings, met   spesifieke verwysing na die gevolge van die Regering van Nasionale Eenheid (GNU) vir die Landbou sektor.

Read more …Eerste Neutfees was ‘n sukses!

GEMSBOK-UPINGTON: Hy was 'n mens wat nooit na eie eer gesoek het nie, maar sy medemens in stilte gedien het. Só sal Upington se gemeenskap vir Coenraad Groenewald onthou - in lewe 'n knap akademikus, skoolhoof en predikant. 
Eerwaarde Groenewald (86) is op Vadersdag (15 Junie) ná 'n kort siekbed in die Harry Surtie-hospitaal oorlede. Hy was vir 10 jaar (1985 - '95) lank die skoolhoof van die Senior  Sekondêre Skool Saul Damon in Upington waar hy aan die begin Bybelkunde en Bybelonderrig gegee het. 
Sy eerste proesel van skoolhou was by die Senior Sekondêre Skool Carlton - Van Heerden as Afrikaanse - onnie. Toe hy later 'n betrekking by Saul Damon aanvaar het, het hy die vak Boekhou aangebied. Sy liefde vir dié vak het hom aangespoor om die FIAB - en CIAB - diplomas agter sy naam te skryf. 

Read more …Eerw. Groenewald vir oulaas gegroet

GEMSBOK-UPINGTON: Polisie-operasies hier het verlede week goeie resultate in die ZFM-distrik  opgelewer.  ‘n Misdaadintelligensie-gedrewe operasie deur die Upington Grenspolisie, bygestaan ​​deur die K9-eenheid, het gelei tot die inhegtenisneming van vier verdagtes vir dwelmhandel.
Die polisie het inligting ontvang en opgevolg oor dwelms wat by een van die persele in Paballelo afgelewer sou word.
Nadat die inligting geoperasionaliseer is, het die lede die perseel deursoek en dagga ter waarde van R33 350 ontdek en drie verdagtes van onderskeidelik 22, 28 en 38 jaar oud in hegtenis geneem.

Read more …Upington polisie trek dwelmhandelaars vas

GEMSBOK-UPINGTON: Ongeveer 100 lede van die militêre basis in Upington, 8 SAI Bataljon (Gemeganiseerd), het begin terugkeer nadat hulle sedert Desember 2023 ontplooi was in die Demokratiese Republiek van die Kongo, as deel van die SADC-ondersteuning.
Die lede was deel van die groep wat by die SADC-missie aange-sluit het en is verwelkom deur die bevelvoerder, luitenant-kolonel T.A. Joseph, saam met die be-velspan van die eenheid. Hy het sy trots uitgespreek oor die moed en toewyding wat die lede tydens hulle diens getoon het.
Verskeie groepe land tans in Bloemfontein waar hulle eers deur die mobiliseringsproses gaan voordat hulle na Upington beweeg, aldus Walter Bergman van 8 SAI Bn Kommunikasiekantoor.

GEMSBOK-UPINGTON:Nadat ‘n groot staal skuifhek op klein Frikkie Nel geval en hom met ernstige hoofbeserings gelaat het, het “Frikkie se Villiage” ingespring en ‘n noodfonds op die Back-a-Buddy-veldtog-blad vir die gesin begin.
Die Nel gesin se lewens het Saterdag, 14 Junie 2025, skielik tot stilstand geruk, toe  Frikkie onder ‘n staalhek beland en sy ouers hom inderhaas na die naaste hopsitaal moes neem.  
 Na afloop van ’n CT-scan is bevestig dat hy ‘n fraktuur in die skedel agter die linkeroor het en dat gehoorverlies in die oor  moontlik is. Die linkeroor-kanaal wastoegeswel  (sagte weefsel swelling) maar geen fraktuur naby die linkeroog. Bloederige lugblasies het gevorm a.g.v. die fraktuur agter die oor en indien dit sou skuif, kon dit inflammasie in die brein veroorsaak wat kan lei tot sekondêre breinskade. Frikkie het natuurlik ernstige breinskudding (concussion) opgedoen en die linkerkant van sy gesig en oog was hewig geswel.

Read more …Sorg-fonds gestig toe hek op seuntjie val