GEMSBOK-UPINGTON: Oud-soldate en lede van die Militêre Vete-rane van die ZFM Streek het onlangs een van hulle lede met erewag op sy begrafnis afgesien.
Wyle militêre veteraan Pastoor DS Swartland was die voorsitter van die Militêre Veterane van die ZFM Streek en het gesorg dat die lede lidmaatskap kry en ook gesorg dat hulle op die databasis kom om sodoende hul pensioen uitbetalings te kry. Hy was ‘n ware staatmaker.
Pastoor DS Swartland is onlangs te ruste gelê, nadat sy mede millitêre veterane hom met ‘n erewag vereer het.